Melodrama 2013 op pad

Melodrama 2013 op pad

Gansbaai Courant

‘n  Deel van die hardwerkende span Melodrama-deelnemers tydens ‘n  oefensessie

“Ek glo vanjaar se Melodrama gaan weer eens vanuit ‘n  ander wêreld wees, asook ‘n  hoogtepunt vir Gansbaai,” vertel JP Coetzer, voorsitter van Gansbaai Melodrama Kinders Trust. “Dit verg jaarliks baie ‘stress’ en harde werk, maar die nood onder Gansbaai se kinders maak alles die moeite werd.” Gansbaai Melodrama Kinders Trust het ontstaan om behoeftige kinders in die Gansbaai-omgewing by te staan. Die Trust se grootste bron van inkomste is die jaarlikse Melodrama-produksies wat deur ‘n  span vrywilligers aangebied word. Verlede jaar kon 150 kinders, met behulp van donasies, ‘n  Melodrama-aand bywoon, waarby verversings ingesluit was.

Borgskappe van R50 per kind word benodig en vanjaar gaan gepoog word om die aantal kinders vir só ‘n  bederfie te verdubbel. Vanjaar se Gansbaai Melodrama is vir 12 tot 14 September geskeduleer, met die gesinsaande wat op 12 en 13 September (Donderdag en Vrydag) plaasvind, en die Gala-aand op 14 September.

Kostes beloop soos volg: Gesinsaande - R50 vir volwassenes en R30 per kind onder 16; Gala-aand - R175 per persoon. Kaartjies kan vanaf Maandag, 15 Julie 2013 by Pep Stores gekoop word. Belangstellendes in die Gala-aand sal moet spring, aangesien daar beperkte sitplekke oor is.

Die spyskaart vir die Gala-aand is weer eens besonders: Voorgereg - Salmon, Avocado & Prawn tower topped with caviar, served with Melba toast; Hoofmaal - Plum & Rosemary lamb Shanks served on bed of Mash; Nagereg - Amarula Panne Cotta with coffee syrup. Daar word ook vir vegetariërs voorsiening gemaak, maar dit moet tydens die koop van kaartjies aangemeld word.

Vir donasies, bydraes en/of die borg van ‘n  kind om ‘n  opvoering by te woon, kan JP Coetzer by 083-274-9674 geskakel word. Hou Gansbaai Courant dop vir gereelde inligting. 

Hardus Botha

Melodrama 2013 op pad

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant