Gloster se laaste Skou

Gloster se laaste Skou

Gansbaai Courant

Herby Smith van De Kelders het op 28 en 29 Junie vanjaar weer aan die jaarlikse Open Bird Show van die Cape Town Bird Club in Kaapstad deelgeneem en het weer eens goeie resultate behaal, maar met ‘n  tikkie hartseer daarby ingesluit. “Ek het net twee Gloster Consort kanaries, waarvan ek een ingeskryf het,” vertel Herby. Die kanarie eindig toe as 7th Best Gloster, wat ‘n  roset en diploma aan Herby besorg het. Ná sy tuiskoms in De Kelders, het die spesifieke kanarie hom ontglip en buite die hok beland. Die volgende oomblik takel ‘n  laksman die kanarie en vlieg weg. “Ek het hulle probeer volg, maar aan die anderkant van die huis was die kanarie reeds deur die laksman aan ‘n  doring opgehang,” vertel Herby.


Herby Smith van De Kelders by sommige van sy toekennings en pryse wat hy tydens die jaarlikse Cape Town Bird Club se Open Bird Show 2013 verower het

Soos jaarliks die geval is, het Herby se kanaries weer eens vir etlike skoupryse gesorg. Veral sy Lizard kanaries het uitstekend in die volgende kategorië gevaar: Best-, Runner-up to Best-, 3de Best-, 4de Best-, 6de Best-, 7de Best-, Best Open- en Best Breeders Rung Lizards. Dan het 4 van sy Lizards ook Spesiale Toekennings ontvang vir Best Gold Clear or Nearly Clear Cap, Best Gold Broken or Non Cap, Best Silver Clear or Nearly Clear Cap en Best Silver Broken or Non Cap. In die kategorie Colour Canaries, was daar een as Best Colour Canary en twee met Spesiale Toekennings as Best Citron en Best Mosaic Clear (Citron & Ivory).

Herby is lid van die Cape Town Bird Club in die Kaap. Drie van sy kanaries het ook drie bottels goeie rooiwyn as pryse losgeslaan, met die klub-embleem op die bottels. Herby was ook gelukkig genoeg om vir ‘n  tweede keer ‘n  25kg sak kanariesaad in ‘n  lootjietrekking te wen. Hy en sy eggenote, Elaine woon al sowat 11 jaar en De Kelders, terwyl hy al vir die afgelope 36 jaar met kanaries boer. “Tans het ek sowat 150 kanaries, maar as die ‘veer eers in jou bloed is’, kry jy dit nie weer uit nie, ondanks die hoë kostes waarmee hierdie stokperdjie gepaardgaan,” sê Herby.

Belangstellende kanarie-boere kan vir Herby by 028-384-2791 of 082-780-7894 kontak.

Hardus Botha

Gloster se laaste Skou

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant