Eddie en Les vir oulaas

Eddie en Les vir oulaas

Gansbaai Courant

Eddie Barnard (regs) saam met Les Witz tydens hulle laaste gesamentlike optrede in die Pretoriussaal

Eddie Barnard en Les Wits van die aanvanklike Eddie & Les Duo het onlangs tydens ‘n  Woekermarkdag vir oulaas saam opgetree. Hulle het gereeld saam by funksies opgetree - Eddie met sy klawerbord, kitaar en sang, en Les met sy saxofoon. “Ons ken mekaar al baie jare en gesamentlik het ons al 128 jaar se musiek-maak agter die rug,” vertel Eddie. Nou, na sowat 10 jaar in Gansbaai, verhuis Les eersdaags na Kaapstad. Hy het besluit om vir oulaas saam met Eddie op te tree, terwyl dit terselfdertyd sy heel eerste optrede tydens ‘n  Woekermarkdag was. Dié twee se musiekvermaak is terdeë deur die besoekers aan die Woekermark geniet en blaaskans vir hulle was daar maar min gewees.

Woekermarkdae is elke Vrydag vanaf 09:00 in die Pretoriussaal en vir navrae kan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gekontak word.

Hardus Botha

Eddie en Les vir oulaas

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant