Al die kleure pers en rooi

Al die kleure pers en rooi

Gansbaai Courant

Nuus 24.com vra op facebook  “Dink jy rassisme is nog ‘n  algemene verskynsel in Suid Afrika?”  Ek kan myself met die beste wil van die wêreld nie sover kry om nie hierop te antwoord nie.

Natuurlik is daar rassisme. Soos wat die HAT dit begin beskryf as “die veronderstelling dat karakter en bekwaamhede bepaal word deur ras.”  Elke etniese groep het sy eie karakter, waardes en bekwaamhede. Ons is immers bekend as die Reënboognasie.

Maar die reënboog se kleure lê netjies langs mekaar. Soos die Skepper dit gevorm het, perfek in skoonheid. Sou enigeen of enigiets dit regkry om daardie kleure te vermeng en in mekaar te laat vloei, sou dit ‘n  oninterressante en nouliks waarneembare grysbruin boog in die hemelruim wees, saamgesmelt met die grou van ‘n  winterhemel.

Dit is inderdaad wat reeds in ons land aan die gang is. Ons raak ‘n  mistroostige vaalbruin, onvergenoegde, opstandige volk. Enkel en allenig omdat daar van alle rasse verwag word om die karakter, bekwaamhede en waardestelsels van die ander aan te neem as hul eie. En hieruit kom die negatiewe konnotasie van rassisme te voorskyn. Die een verwyt die ander oor enigiets en alles.

Om ‘n  suksesvolle reënboognasie te wees, moet ons die kleure langs mekaar groepeer sodat hulle aan mekaar raak. Sonder om te vermeng tot die mis-en-modder-kleur wat die onvermydelike gevolg van vermenging is.

Rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo, pers. Dis soos die kleure langs mekaar lê, vanaf die begin van alle dinge. En so sal dit bly tot aan die einde van alle dinge. Wanneer mens die kleure se bekenis nagaan, is dit so allesomvattend soos die diversiteit van al die rasse in ons land. Rooi vir aksie, vertroue, moed, maar ook gevaar. Oranje vir entoesiasme, lewenslus en ontdekking. Geel vir kreatiwiteit en intellektuele energie. Groen simboliseer alles wat goed is: groei, kalmte, vooruitgang en balans. Blou is die kalmeerder; dit simboliseer waarheid, inspirasie, spiritualiteit. Indigo is die kleur vir wysheid, insig, begrip en duidelikheid. Pers vir misterie, koninklikheid, goeie oordeel en gemoedsrus.

Wat het ‘n  land dan nog nodig om suksesvol te wees en gelukkige burgers te hê? Respek. Dit is die een faktor wat die reënboog nie in sy kleuresaamstelling vertoon nie. Respek vir die karakter, waardes, kultuur en bekwaamhede van ons verskillende rasse.  Groepeer soort by soort; bou elkeen uit tot en laat hulle toe om die helder kleur wat hulle in die reënboog verteenwoordig, te wees. Rassisme as ‘n  bindingsfaktor eerder as ‘n  vloekwoord. 

Carine Badenhorst

Al die kleure pers en rooi

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant