De Grendel nie gegrendel

De Grendel nie gegrendel

Gansbaai Courant

Gansbaai Wynproegilde se oorhandiging van blyke van waardering in die Great White House, met voor vlnr Lena Bailey, Nika Frederichs en Helmie de Vries. Agter vlnr is Charles Hopkins, Annica van Coller, Johan Viljoen en Steve Serbon

De Grendel Wynlandgoed is gelukkig nie letterlik “gegrendel” nie. Daarvoor is hulle uitsonderlike wyne te goed, asook die 270º panoramiese uitkyk oor Kaapstad, Tafelberg en ander landskappe. Gansbaai Wynproegilde se voorsitter, Helmie de Vries het die nodige formaliteite vinnig afgehandel, nuwe gaste verwelkom en Charles Hopkins van De Grendel Wynkelder aan die woord gestel. “Ek beskou Charles as ‘n  ikoon in Suid-Afrika se wynbedryf, terwyl hy ook as die mees ervare beoordelaar van Sauvignon Blanc wyne bekendstaan en ook die gesogte posisie as President van Veritas sedert 2012 bekleë,” het Helmie gesê. Na sy studies het hy die wynbedryf-leer met mening geklim en in 1990 het hy sy kennis van edel rooi kultivars in Sonoma, Kalifornië en in St Emilion, Bordeaux verbreed, terwyl hy ook bemarkingstoere na Europa, VSA en Verenogde Koninkryke onderneem het.

In 2005 begin Charles as wynmaker op Sir David Graaff se wynplaas, De Grendel, waar hy ook deel van die span word. Hy tree ook as mentor vir studente op by die Universiteit van Stellenbosch en die Elsenburg Landboukollege. Hy dien ook as beoordelaar by die Jongwynskou, SAA, Top 10 Pinotage, Wine Magazine, Inbternational Wine and Spirit Competition, Paarl Shiraz en Wynlander.

Die uitstaande wyne wat te proe aangebied is, is Sauvignon Blanc (2013), Viognier (2012), Noble Late Harvest (2012), Rosè (2013), Merlot (2005 EN 2011), Pinot Noir (2010) en Rubaiyat (2009). Die proeërs het die wyne deurgaans met ‘n  baie sterk silwer of goud bekroon. Bykans almal was dit eens dat Charles se Sauvignon Blanc as “wyn van die aand” aangewys kan word. Rensa Stemmet van die Great White House het gesorg vir smaaklike bobotie, geelrys, groente en gestoofde vrugte, met ‘n  verleidelike caramel nagereg, Cremè brulè, met roomys en bessie-sous. Die gebruiklike oorhandiging van blyke van waardering aan Charles, Lena Bailey en Nika Frederichs is deur klublid Steve Serbon en twee nuwe gaste, Annica van Coller en Johan Viljoen gedoen.

Die volgende wynproe-aand kan moontlik vanaf die laaste Vrydagaand van Julie na Vrydagaand, 9 Augustus uitgestel word om saam met die Fees van die Ganse se Winter Fynbosskou in Gansbaai Academia te val - dus “wynproe tussen die fynbos!” Hou Gansbaai Courant dop vir die nodige bevestiging.

Navrae kan aan voorsitter Helmie de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 gerig word, of stuur ‘n  e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.      
                     
Hardus Botha

De Grendel nie gegrendel

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant