Ligte boodskap vir Madiba

Ligte boodskap vir Madiba

Gansbaai Courant

Norman Brown se “Word Gesond”- en “Happy Birthday”-boodskappe wat hy met dekoratiewe ligte vervaardig het

Die man wat vir die vervaardiging van al Gansbaai se Kersliggies (buiten die ouer tipes) verantwoordelik is, Norman Brown, woon in Oos-Londen. ‘n Vriend van hom in Gansbaai en met wie hy al jarelank saamwerk, Danie Maree (Snr Bestuurder Elektro Tegniese Dienste van Gansbaai Munisipaliteit), het Gansbaai Courant laat weet dat Norman ‘n besonderse “Word Gesond” boodskap teen die heining van sy woning aangebring het.

Die boodskap is in die vorm van gekleurde, dekoratiewe ligte (soos Kersliggies) wat deur hom met 200 meter koordligte vervaardig is. Die boodskap lui: “Get Well Madiba”, met bykomende en gepaste dekoratiewe ligvorms, ingesluit ‘n verligte ster. “The idea for the message was inspired by Madiba’s love for children and the enlightenment Mandela brought to the country during times of darkness,” het Norman gesê. Danie sê Norman het ‘n passie vir dit wat hy met dekoratiewe beligting doen. “Daar bestaan geen twyfel dat die Madiba-boodskap teen Norman se heining met ‘n passie, asook met ‘n diepliggende boodskap vervaardig is nie,” sê Danie. 

Nou pryk daar ook ‘n groot “Happy Birthday”-boodskap van Norman oor een van Oos-London se strate. Norman se ligte vervaardigingsbesigheid vervaardig al vir die afgelope 15 jaar dekoratiewe ligte. Nog uitstaande voorbeelde van Norman se dekoratiewe “ligkuns”, is drie 32-meter sokkerballe in Port Elizabeth vir die 2012 Wêreld Sokkerbeker, die enorme vistreiler oor Gansbaai se hoofstraat en ‘n portret van Madiba by die Nelson Mandela Museum in Mathatha.

Hierdie en vele ander dekoratiewe werk met ligte, het hom die naam van “Mr Lights” besorg. Danie sê, naas Gansbaai se Kersliggies, het Norman ook ‘n groot gedeelte van Hermanus en Kleinmond se Kersliggies vervaardig. “Dit is ook interessant om te meld dat Norman net gedurende die afgelope 22 maande sowat 124,000 kilometer afgelê het om Kersliggies af te lewer.” 

Hardus Botha
 

Ligte boodskap vir Madiba

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant