Opleiding vir die Entrepreneur en dit is GRATIS

Opleiding vir die Entrepreneur en dit is GRATIS

Gansbaai Courant

Soos verlede week reeds aangekondig, bied Gansbaai Sakekamer in Augustus 2013 ‘n entrepreneurskapkursus aan vir daardie persone wat nog altyd gedroom het om sy of haar eie besigheid te begin, maar nie die moed of kennis gehad het om dit aan te pak nie.
Hierdie kursus word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) wat ook die finansiering van die kursus behartig. Die 25 gelukkige kususgangers wat vir hierdie besondere voorreg gekeur word, se kursusfooie van R3000 per persoon word ten volle deur die AHI betaal. Die Sakekamer sal die opleidingslokaal voorsien en sekere aspek ten opsigte van die aanbieding van die kursus fasiliteer en  finansier.

Dr Johan Louw van die Corporate Development Foundation bied die kursus aan en getuig dat die kursus primêr prakties (“hands on” en “street wise”) is en nie noodwendig akademies nie. Navorsing het oor en oor bewys dat sukses in entrepreneurskap nie bepaal word deur akademiese uitslae nie, maar eerder deur gesindheid, goeie spanwerk en die toepas van basiese besigheidsbeginsels. Daarom is hierdie kursus uniek en baie populêr. Dis al verskeie kere in Suid Afrika en SADC-lande aangebied en die terugvoering was deurgaans baie positief – aldus Dr Louw.

Voornemende kursusgangers moet oor minstens Graad 12 beskik en Afrikaans en Engels magtig wees. Kandidate sal vooraf gekeur word en moet bereid wees om vir ‘n volle vyf dae in die week 12 Augustus 2013 die kursus te deurloop. Dit bestaan uit 8 modules wat onderwerpe soos die beginsels van entrepreneurskap, identifisering van geleenthede, bemarking, basiese rekenkundige beginsels en so meer insluit.
Geen eksamen of werkopdragte word vereis nie, maar ‘n bywoningsertifikaat sal tydens ‘n oorhandigingsgeleentheid oorhandig word.

Alle belangstellendes kan met die Voorsitter van die Gansbaai Sakekamer, Fanie Bothma, skakel by faniebothma@mweb.co.za  om aansoek te doen.            
                       
Harry de Jager

Opleiding vir die Entrepreneur en dit is GRATIS

Harry de Jager

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant