White Shark Adventures se 2de

 White Shark Adventures se 2de

Gansbaai Courant

Rosemary van Theme at Rosemary met haar Certificate of Excellence van TripAdvisor

White Shark Adventures van Piet Smal en Andries Nowers spog daarmee dat hulle twee agtereenvolgende jare (2012 en 2013) met TripAdvisor se gewilde Internasionale Certificate of Excellence Certficate vereer is. Hulle was ook wenners in die 2012 Imvelo Responsibility Tourism Awards in die kategorie Most Empowered Tourism Business.

White Shark Adventures bedryf hul besigheid met hulle haaibesigtigings-boot, Nemo en was in 2011 ook in die nuus met hulle unieke haaihok wat op 22 Maart 2011 in ge-bruik geneem is.
Nog ‘n trotse ontvanger van ‘n  2013 Certificate of Excellence Certficate van TripAdvisor, is Rosemary van Thyme at Rosemary. Rosemary sê sy is trots op haar restaurant en perso-neellede oor dié prestasie.
Madelein Swart van White Shark Adventures met 2012 en 2013 se Certificates of Excellence van TripAdvisor

Die gebou wat tans haar restaurant is, het sy aanvanklik as “Back Packers”-verblyf bedryf. Later het sy met ‘n Teetuin-bedryf daar begin en nog later die restaurant-gedeelte bygebring. Met verwysing na etlike besighede wat hierdie toekenning, asook ander toekennings, al ontvang het, kan Gansbaai goed voel oor puik dienslewering. TripAdvisor roem daarop dat hulle deur die krag van terugvoer deur reisigers wêreldwyd die grootse reis-webtuiste ter wêreld geword het. Toeriste wêreldwyd stuur hul kommentaar, positief en negatief, aan TripAdvisor. Hierdie sertifikaat word dan uitgereik wanneer ‘n punt van 4 of hoër uit ‘n moontlike 5 punte aan ‘n besigheid toegeken word.

Hardus Botha

White Shark Adventures van Piet Smal en Andries Nowers was bevoorreg op Mej Suid-Afrika 2012, Melinda Bam en Mnr Suid-Afrika 2011, Adriaan Bergh gedurende April vanjaar met hulle Nemo haaibesigtigingsboot op ‘n haaibesigtigingsrit te neem

 White Shark Adventures se 2de

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant