Beroep Op Alle Jong Wynskrywers

Beroep Op Alle Jong Wynskrywers

Gansbaai Courant

Suid-Afrika se grootste en mees gevestigde wyninstansie, die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereniging (SANWSV), het ‘n   nuwe inisiatief aangekondig wat daarop gemik is om die kuns en belangrikheid van goeie gehalte wynjoernalistiek te versterk. Die nuwe Jong Wynskrywers Kompetisie is oop vir wynskrywers tussen 18 en 35 jaar. Om in aanmerking te kom vir die eerste prys van R15 000 of tweede prys van R7 500, word skrywers genooi om ‘n   artikel of blog pos in te stuur. “Media en die tegnologie wat met die skep en verspreiding daarvan gepaard gaan, ontwikkel deurlopend. Die wynbedryf moet in pas bly met die tempo om te verseker dat ons aan die behoeftes van ons lesers en verbruikers voldoen,” sê Charles Hopkins, SANWSV voorsitter.  “Hetsy ons wyn maak, verkoop, bemark of daaroor skryf, behoort ons een gemeenskaplike doelwit te hê: om lesers en verbruikers aan te spoor om goeie wyn te geniet, die plekke waarvandaan dit kom te besoek en geïnspireer te word deur die gees van kreatiwiteit.”

Die kompetisie moedig ‘n   nuwe generasie skrywers aan om hulle kennis en begrip van wyn, die bedryf en spesifiek hul wynskryfvaardighede te verskerp om verantwoordelike wynverbruik aan te moedig en om die dialoog in en oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf lewendig en relevant te hou.

Belangstellendes moet ‘n   800 woorde artikel in enige van Suid-Afrika se 11 amptelike landstale oor een van die volgende onderwerpe instuur

-  die rol van wyn in die alledaagse lewe, OF
- beskryf die verskil tussen wyn vir pure drinkgenot en wyne wat sekere tipes cuisine komplementeer

‘n   Blog pos van 300 woorde oor die mees uitsonderlike wyn wat die skrywer nog ooit geproe het, moet ook die inskrywing vergesel.

Inskrywings sal deur ‘n   paneel ervare en erkende Suid-Afrikaanse wynskrywers beoordeel word.Geen persone wat voltyds as wynskrywers werk, kan inskryf nie. Inskrywings moet vergesel word van ‘n   kort CV met spesifieke besonderhede oor vorige ervaring/aktwitieite as wynskrywer. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 September 2013 en die wenners sal op 30 Oktober aangekondig word. 

Verdere besonderhede is beskikbaar by die Veritas kantoor  admin@veritas.co.za of tel 021 863 1599.

Beroep Op Alle Jong Wynskrywers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant