Bietoubossers en Saris

Bietoubossers en Saris

Gansbaai Courant

Pat Naidoo glimlag selfvoldaan oor die eindresultaat nadat sy Zendra van der Gryp in ‘n pragtige rooi sari getooi het

 “Ds Dennis Naidoo en sy eggenote, Pat, het die winterkoue behoorlik tydens ons vorige byeenkoms kom verdryf,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders.

Elizma vertel dat Pat Naidoo, wat self ook ‘n Bietouboslid is, die dames behoorlik in verwondering gelaat het toe sy gedemonstreer hoe ‘n sari gedrapeer word. “Binne minute het Pat dié 6m-lange stuk materiaal behendig omtower in ‘n pragtige kledingstuk met die mundani, ‘n besonderA mooi versierde gedeelte van die lap wat ekstra swier aan die uitrusting verleen,” sê Elizma. Die twee opgekommandeerde “modelle”, Sunet Heyns en Zendra van der Gryp, het bygedra om reg aan dié besonderse kledingstukke te laat geskied.

Dennis het gemeld dat hy heel tuis voel tussen die dames - hy het immers saam met 10 susters in sy ouerhuis grootgeword! Hy het die dames vertel van die baie ou en ingewikkelde Hindoe-geloof waar tot 330 miljoen gode aanbid. “Die Hindoe-gelowige moet sy saligheid bewerkstellig deur sy goeie dade en is altyd onseker of hy sy saligheid gaan verdien,” het hy onder andere gesê. Dennis het vertel dat sy ouers van die eerste generasie Christene was wat deur sendelinge na Suid-Afrika gebring is. Hy het na die moeilike omstandighede verwys waaronder Christene in Indië leef, waar hulle hul geloof byna “ondergronds” beoefen. “As Christen kan jy jou pensioen verloor, deur jou familie vervreem word en ook te enige tyd in die tronk beland.

Petro Oosthuizen bedank Dennis en Pat Naidoo vir ‘n sielsverrykende aanbieding

Alhoewel hierdie mense eintlik in baie armoedige omstandighede lewe, groei die Christengeloof tog in Indië.” Elizma sê dat, met die aanhoor van dié vertellings, het die Bietoubossers net weer opnuut besef hoe bevoorreg hulle is om hul Christengeloof te kan uitleef. Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is op 13 Augustus, wat 'n boeke- en musiekoggend sal wees. Belangstellendes kan hulle voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 of 083-291-1829 skakel.

Hardus Botha

 

Bietoubossers en Saris

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant