Groente projek dui op sukses

Groente projek dui op sukses

Gansbaai Courant

Die groep Groente-kursusgangers, met die aanbieder, Abraham Moitse voor regs en Leanor Kapot langs hom.

Die Menseregte en Ontwikkelingskantoor in Blompark het onlangs, in samewerking met die Dept Landbou, ‘n kleinskaalse tuinbou-projek geloots. “Die projek strek oor ‘n jaar en hierdie kursus is reeds die derde suksesvolle gedeelte van die projek,” vertel Eleanor Kapot, Skakelbeampte van die kantoor. “Ons is besig om mense in die gemeenskap te bemagtig as bydrae tot die verligting van armoede.”

Die koördineerder van die Menseregte-kantoor is Juan Lewis en die aanbieder van die kursus is Abraham Moitse. Die Groentekursus bevat ‘n wye reeks aspekte, soos beplanning van ‘n groentetuin, besproeiing, onkruid- en plaagbeheer en die algemene versorging van ‘n groentetuin. Alle groentes is in die inhoud van die kursus opgeneem, soos blaargroentes, koolgroepe, rank- en peulgewasse, knolgroentes en bolgroentes. “Ons bedank graag die kursusaanbieder vir sy geduld en puik aanbieding, asook me C Valentine vir haar puik spysenieringsdienste,” sê Eleanor.

Vir meer inligting kan die Menseregte en Ontwikkelingskantoor kan by 028-384-1874 geskakel word, of skakel vir Eleanor Kapot by 073-304-7914 of Juan Lewis by 074-103-9763.

Hardus Botha 

Groente projek dui op sukses

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant