Winter Fynbosskou en Musiekfees

Winter Fynbosskou en Musiekfees

Gansbaai Courant

Vanjaar se Winter Fynbosskou gaan gepaard gaan met Musiek-in-die-Fynbos en Eet-in-die-Fynbos. Die gedugte span vrywillige Fynboswerkers is reeds in ‘n proses om Gansbaai Academia se saal in ‘n sprokieswêreld van fynbos en blomme te omskep. Bergtonele, watervalle, brand- en seetonele, spesies en veel sal besoekers vanaf 8-11 Augustus se asems wegslaan. Naas hierdie unieke uitstalling wat jaarliks groot bewondering afdwing, is daar vanjaar ‘n Teetuin (deurlopend) ten bate van Gansbaai Academia in die middel van die saal - ‘n ete tussen die fynbos.

Plaaslike kunstenaars, veral instrumentale klanke, is bygebring om deurentyd gepaste musiek op die verhoog te verskaf. Allerlei stalletjies sal beskikbaar wees, asook kindervermaak soos ‘n klimmuur (“climbing wall”), ponieritte en veel meer. ‘n Mnr en Mej Fynbossie sal op Vrydag, 9 Augustus om 14:00 in die saal gekies word. Kinders van 4-8 jaar kan nou reeds teen R10 by Gansbaai Toerisme inskryf, maar hulle kan ook tydens die Fees inskryf. Saterdagaand, 10 Augustus om 19:00 word ‘n 3-gang maaltyd aangebied. Tydens die ete sal kunstenaars soos Hendrik Brits (panfluit) en 2@T vir kitaarmusiek en sang sorg vir lewendige optredes (“live shows”).

Vir hierdie unieke geleentheid tussen die fynbos, kan kaartjies vooraf teen R120 per persoon by die Gansbaai Toerismekantoor gekoop word, of dis neusie-verby. Sondag, 11 Augustus kan ‘n Lofprysings-diens (“Praise & Worship”) om 11:00, ook tussen die fynbos, bygewoon word, met verskeie kore wat sal optree.

Toegangsgelde vir Vrydag en Saterdag beloop R20 (volwassenes) en R5 (kinders o/12), met Sondag wat gratis sal wees. Moenie hierdie feestelike Fynbosskou en Musiekfees met vele bykomstighede misloop nie.

Navrae rakende Saterdagaand se etekaartjies, inskrywings vir die Mnr & Mej Fynbossie, of enige ander navrae kan aan die Gansbaai Toerismekantoor by 028-384-1439 gerig word, of by die Bestuurder, Glenda Kitley by 072-291-5564 of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net.      
  
Hardus Botha

Winter Fynbosskou en Musiekfees

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant