Die Bron se Madibadag

Die Bron se Madibadag

Gansbaai Courant

Colin Olivier van Dangerpoint Vuurtoring oorhandig ‘n boek oor vuurtorings van Suid-Afrika aan Die Bron se skoolhoof, Sybill October

Die Bron Primêr te Stanford het aktief aan Madibadag op 18 Julie deelgeneem, maar kon weens e-posprobleme nie hulle foto’s verlede week met Gansbaai Courant deel nie. “Dangerpoint Vuurtoring se toesighouer, Colin Olivier het namens Transnet ‘n pragtige boek oor vuurtorings van Suid-Afrika aan ons skool se nuwe biblioteek geskenk en ons beskou dit as ‘n waardevolle geskenk op Madibadag,” sê Sybill October, skoolhoof. Die laerskool is ook deur werkers van die Departement van Openbare Werke en Vervoer bederf met instandhoudingswerk en die verfraaiing van die Gr R’e se speelpark (Jungle Gym) as hulle bydrae tot 67-minute vir naastediens.

“Ons leerders het in die vierkant bymekaargekom en hulle verjaardaglied aan Madiba voor die aanvang van die skooldag gesing, terwyl die Hoofdogter, Rineez Ali en Lerato Hermanus ‘n treffende toespraak rakende die oud-Staatspresident gelewer het,” vertel Sybill. Die leerders voel ook baie trots op hulself omdat hulle aan die einde van die skooldag besoek by die bejaardes van die Volvertroue Dienssentrum afgelê het. Daar het hulle pakkies koekies aan die bejaardes oorhandig as hulle deel van 67-minute vir naastediens. Sybill sê sommige van die leerders het ook na die gemeenskap uitgereik, rondbeweeg en gediggies voorgedra, gesing en lekkernye uitgedeel. “Die gemeenskap het hierdie mooi gebaar van die leerders hoog op prys gestel,” sê Sybill.

Hardus Botha


 

Die Bron Primêr leerders tydens die sing van ‘n verjaardaglied aan Nelson Mandela

Die Bron se Madibadag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant