Augustusmaand

Augustusmaand

Gansbaai Courant

Augustusmaand gaan  'n  bedrywige tydperk wees vir die Gansbaai Sakekamer.

Op die 12de Augustus begin die entrepreneurskursus wat aangebied word aan 25 voornemende  entrepreneurs in samewerking met die AHI. Die persone wat gelukkig was om gekeur te word vir hierdie gratis opleiding (die AHI dra die koste van R3000 per persoon) woon vir vyf dae die opleiding  by. Dr Johan Louw van die Corporate Development Foundation is die kursusleier wat hierdie gewilde en hoogs suksesvolle opleiding aanbied.

Op 27 Augustus vind ‘n Sakekamervergadering plaas waartydens die Uitvoerende  Hoof van die AHI, Christo van der Rheede,  lede en belangstellendes wat die geleentheid wil bywoon gaan toespreek. Tydens hierdie geleentheid gaan die kursusgangers wat die entrepreneursopleiding suksesvol voltooi het, ‘n sertifikaat van Christo van der Rheede ontvang. Daar gaan ook lidmaatskapsertifikate aan sakekamerlede uitgedeel word wat reeds hulle lidmaatskap vir  die huidige jaar hernu het. Kaartjies gaan binnekort beskikbaar wees en kan by u sakekamerbestuurslid of by Glenda Kitley by Gansbaai Toerisme verkry word.

Maak solank ‘n aantekening in u dagboek vir die aand van die 27ste, want daar  is net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar.

Soos voorheen bekendgemaak het die Voorsitter van die Gansbaai sakekamer, Fanie Bothma, op 17 Julie ‘n vergadering in Hermanus bygewoon waar die Wes-Kaap Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, Finansies en Toerisme, mnr Allan Winde sakelui toegespreek het. Na ‘n persoonlike gesprek met die minister is daar ooreengekom dat ‘n verdere geleentheid geskep gaan word om sake wat Gansbaai raak, direk met die minister te bespreek. Terwyl die datum nog nie vasgestel is nie, word alle belanghebbendes uitgenooi om die Sakekamer te nader om gesprekpunte op die tafel te sit vir daardie geleentheid. Skakel direk met Fanie Bothma by faniebothma@mweb.co.za

Dit is ook ons voorreg om aan te kondig dat mnr Jannie Mouton,  PSG Groep Voorsitter en bekende sakeman die Gansbaai Sakekamer sal toespreek oor die onderwerp “Glo in jouself” op 24 Oktober 2013 tydens ‘n dinee in die Great White House te Kleinbaai. Ons glo dat ons sakelui in Gansbaai baie gaan baat by die idees wat ‘n sakepionier van Jannie Mouton se formaat, met ons gaan wissel. Verdere inligting oor hoe u ‘n plek kan bespreek vir hierdie geleentheid word binnekort bekend gemaak. Teken solank hierdie datum aan en laat weet indien u belangstel. Daar gaan ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar wees en ons kan u naam op ‘n waglys plaas.

Harry de Jager

Augustusmaand

Harry de Jager

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant