Beverley Hills se huise

Beverley Hills se huise

Gansbaai Courant

Die 9de voltooide huis in Beverley Hills, met vlnr Freddie Engelbrecht, Flip Otto, Sheila (Patricia) Morris (Eienaar) en past Frikkie Zeelie

S.H.A.R.E. (Social Help Animal Rehabilitation & Restouration Education - ECB), voorheen bekend as die GCA, is as ‘n MPO geregistreer en hulle Sopkombuis is in Beverley Hills geleë.

 “Ons prioriteit in Beverley Hills is kinders, gestremdes en bejaardes en die gemeenskap besluit self waar die behoeftes die noodsaaklikste is,” sê past Frikkie Zeelie. “Die nodige bestanddele word verskaf, maar die mense kook self die sop.” Maar dit gaan nie net oor sop nie, S.H.A.R.E. is reeds vir die afgelope 6 jaar besig met die bou van huisie waar die nood hoog is. Hulle 10de huis was met die ter perse gaan van hierdie berig in ‘n proses van voltooiing. “Ons bou die huise op ‘n basis van wat ons as donasies, nuut of tweedehands, ontvang en gebruik alles wat inkom vir die spesifieke huis totdat klaar is,” sê past Zeelie.

Die 10de huis (in aanbou) in Beverley Hills, met die gelukkige eienaar, Amelia Thompson heel voor, met past Frikkie Zeelie links van haar

“Dit sluit noodsaaklike tweedehandse meubels in.” Past Zeelie hou graag enkele bedankings voor: White Shark Adventures (maandelikse ondersteuning); Bayview Furniture (tweedehandse meubels vir die huise en gereelde sopbestanddele); Francois en Dedré du Toit en Fynbos Wendy (maandelikse finansiële ondersteuning, asook die hout vir die laaste huis); Gansbaai Superspar (gereelde, byna daaglikse, ondersteuning); Anonieme donateur (R10,000); Flip Otto (die groot staatmaker van die projek, plus sy bakkie); Anonieme donateurs (tweedehandse vensterrame, deure, ens); Freddie Engelbrecht van ERS (sinkplate teen billike en afslagpryse); Beverley Hills se gemeenskap (wat self die bouwerk doen); Villet & Pitzer (sopbestanddele, asook wors tydens die inwyding van die 10 de huis). Claudine Dyck, Gemeenskapsleier in Beverley Hills, haar dogter, Tania Dyck en Rhona Vermeulen word ook opreg bedank vir hulle organisatoriese hulp, sopvoorbereiding en die uitdeel van sop. “Die atmosfeer onder Beverley Hills se inwoners het gedurende die afgelope paar jaar merkbaar verbeter,” sê past Zeelie. “Dit kan onder andere gesien word in optredes, skoonmaak van erwe en selfs kinders wat rommel begin optel.”

Hardus Botha

Beverley Hills se huise

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant