Geleentheid vir Opvoeders

Geleentheid vir Opvoeders

Gansbaai Courant

Die groep opvoeders van Gansbaai en omgewing tydens hulle gratis, maar professionele kursus deur die Klein Karoo Bronnebestuur in die AGS Kerkgebou

‘n Groot geleentheid het vir etlike opvoeders van voorskoolse skole die afgelope tyd opgeduik, veral ook heelparty van Gansbaai en omgewing. Die groep van 15 opvoeders is besig met ‘n gratis kursus, aangebied deur die Klein Karoo Bronnesentrum (KKB) in die AGS se Kerkgebou bygewoon. Die persoon wat ‘n enorme rol in hierdie voorreg speel, is Thozama Klaas-Jolimvaba. Toe sy in Julie 2012 as maatskaplike werkster in die Overstrand begin werk het, het sy onmiddellik by voorskoolse onderrig betrokke geraak. Haar droom was dat bestaande kleuterskole teen 2014 as goed toegeruste voorskoolse leersentrums geregistreer sal wees en ook deur gekwalifiseerde personeel beman sal word. Deur haar bemiddeling met dr. Adriana Laubscher, die Besturende Direkteur, het KKB ingestem om die opleiding ten volle gratis in Gansbaai aan te bied. Sodoende het opvoeders van 8 kleuterskole van Gansbaai en omgewing die uitsonderlike geleentheid gekry om die VKO-kwalifikasie (Vlak 4) by KKB te verwerf.

Opvoeders ontvang ‘n volledige geakkrediteerde dagprogram, tesame met die nodige leermateriaal en die opvoedkundige speelgoed vir elke onderwerp - wat uniek is vir gratis opleiding. Hulle dosent, Sodwa Douse, doen eweneens ‘n opofferende werk deur vanaf Oudshoorn te ry vir die aanbieding van die kursus.

KKB is voorheen al vereer met talle toekennings vir hul uitnemende werk, soos die Premierstoekenning vir Onderwys,  die Staatspresidents-toekenning vir uitnemende gemeenskapsinisiatief en die Elle Magazine’s Visible Difference Award. Na afloop van die akademiese jaar vind die formele KKB diplomaplegtigheid in November 2013 in Oudtshoorn plaas. Die studente sien veral daarna uit om persoonlik hulle sertifikate in ontvangs te gaan neem. Ongelukkig is hulle vervoer daarheen, asook verblyfkostes, ‘n groot uitdaging en probleem.

Borgskappe in hierdie verband word dus vriendelik versoek. Past Frikkie Zeelie het S.H.A/R.E. se bankrekening vir dié doel beskikbaar gestel: SHARE, 4049313424, ABSA Gansbaai en die verwysingsnommer is VKO. Navrae in hierdie verband kan aan 076-646-5234 gerig word. “Ons wil graag vir Gansbaai Superspar bedank wat met verversings betrokke is, asook vir Dixie Walsh wat daagliks vir die tee verantwoordelik is,” het past Frikkie Zeelie gesê.

Hardus Botha

Geleentheid vir Opvoeders

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant