YCA weer in volle gang

YCA weer in volle gang

Gansbaai Courant

Jack Swart, Clinton vd Merwe, me's Matthews & Gouws en Joudun Rooi

Die “Young Communicator Ambassadors” kompetisie is weer in volle gang. Op Saterdagoggend 20 Julie het vyf leerders, Jack Swart, Monica de Gouveia, Bianca de Koning, Joudun Rooi en Clinton van der Merwe saam met Juffrouens Mona Matthews en Carla Gouws na die Paarl vir ‘n YCA werkswinkel vertrek. Hierdie organisasie word geborg deur Anglo American en The Sowetan en hul doelstelling is om leerders se aanbieding en mondelinge kommunikasie vaardighede te verbeter. Daar is ‘n Distrikskompetisie in Caledon en dan ‘n Provinsiale een later die jaar waarby die wenner ‘n studie beurs van R 65 000 kan wen.

Daar aangekom het die leerders onmiddelik begin. Groepe was gemaak met ander skole en elkeen moes vinnig ‘n toespraak oefen en dit voor almal lewer. Na ‘n lang dag was almal met koeldrank en Steers Burgers en skyfies getrakteer en die lang pad huistoe is aangedurf.  Ons leerders is nou vuur en vlam vir die distrikskompetisie in Caledon op 31 Julie. Hou die koerant dop vir die uitslae. Verlede jaar het Anneline May, tans in matriek, die distrik rondte gewen en ons op provinsiale vlak verteenwoordig.

Carla Gouws 

YCA weer in volle gang

Carla Gouws

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant