Veritas Toekening Opsoek na SA se top wyne

Veritas Toekening Opsoek na SA se top wyne

Gansbaai Courant

Inskrywings vir Suid-Afrika se mees prominente wynkompetisie, die Veritas Toekennings, is nou oop.

Diegene wat hoop op ‘n toekenning of twee moet gerus die dagboek nadertrek: wyn- en brandewynmeesters het kans tot 21 Augustus om hul bestes in te skryf.

Laat inskrywings word teen ‘n verhoogde fooi tot 29 Augustus aanvaar.

Brandewyninskrywings word op 13 September beoordeel en die magdom wyne word van 16 tot 20 September geproe.

Die sluitingsdatum vir inskrywings, sowel as die beoordelingsproses vind vanjaar twee weke later plaas wat kelders addisionele voorbereidingstyd gun.

'n Veritas dubbelgoud is ongetwyfeld ‘n benydenswaardige pluimpie vir die vaardighede van plaaslike wynmakers en brandewynmeesters.

Die streng, blinde beoordelings-prosedures van hierdie gesaghebbende kompetisie verdien die respek van wyngeesdriftiges en -kenners wêreldwyd en gevolglik ding sowat 1700 markklaar wyne en brandewyne jaarliks mee om die gesogte Veritas simbool van hoogstaande gehalte.

Vanjaar se wyne en brandewyne wat ‘n dubbelgoud, goud, silwer of brons medalje waardig is, word gedurende ‘n glansdinee op 5 Oktober by die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) bekend gemaak.

Besoek www.veritas.co.za vir volledige inligting en inskrywingsvorms, of kontak Elsabe Ferreira by 021 863 1599, faks 021863 1552 of via e-pos na admin@veritas.co.za.

Twitter:@veritasawards
Facebook: https://www.facebook.com/VeritasAwards

Veritas Toekening Opsoek na SA se top wyne

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant