Sirkus 30ste vir Andries

Sirkus 30ste vir Andries

Gansbaai Courant

Andries Laubscher as die Sirkusmeester tydens sy 30ste verjaardagvieringe, saam met een van die narre

 “Onse” singende Andries Laubscher het op 29 Julie sy 30ste lewensmylpaal bereik. Daarvoor is ‘n gesellige partytjie vir hom by Overberg Boothengelklub gereël….met ‘n “Sirkus”-tema. Genooide gaste het met baie oorspronklike sirkus-kostuums opgedaag, soos leeutemmers, sweefstok-artieste tot by narre. Die “Man-van-die-Aand” was natuurlik die Sirkusmeester (Ringmaster), Andries homself en te oordeel aan die foto’s wat ingestuur is, was dit ‘n baie gesellige verjaardagviering wat hom te beurt geval het.
Hierdie talentvolle jongman is oorspronklik van die Weskus en vandat hy sowat 13 jaar gelede na Gansbaai gekom het, het hy sy musiekloopbaan ernstig begin opneem.

Verskeie optredes het gevolg, soos Idols Supersterre, Matt Hurter se optredes, Snater Teater, vyf optredes tydens die jaarlikse Fees van die Ganse, keuring vir die Gansbaai Top 10 CD tydens 'n vorige Fees van die Ganse, optrede tydens die jaarlikse Kreef Derby, Ek kan doen met 'n Miljoen saam met Casper de Vries, die Blommefees in Darling en veel meer. Intussen is hy gekeur om aan Johan Stemmet se 39ste reeks van Noot-vir-Noot deel te neem wat heelwat later gebeeldsend sal word. "My werklike hoogtepunt in my lewe was die vrystelling van my eerste CD, Uiteindelik, gedurende 2007," vertel Andries. Intussen is sy 2de CD, Maak dit lekker, vanjaar vrygestel. Op 29 Augustus is hy weer by Prince Alfred Hamlet en 13 September in Stanford. Bedrywige jongman, maat ook uiters talentvol en Gansbaai mag maar trots wees op hom.

Hardus Botha

Sirkus 30ste vir Andries

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant