Entrepreneurskursus aangebied Sakekamer & AHI werk saam

Entrepreneurskursus aangebied Sakekamer & AHI werk saam

Gansbaai Courant

Gansbaai Sakekamer kon die week van 12 Augustus 2012 'n kursus oor Entrepreneurskap fasiliteer en organiseer wat deur die AHI aangebied is. Omdat die Sakekamer by die AHI geaffilieer is, kon ons dit gratis aanbied  aan 26 volwassenes, terwyl hierdie kursus normaalweg ongeveer R3,000 per persoon sou kos. Gansbaai Sakekamer wil graag ons GROOT DANK oordra aan die AHI wat hierdie investering in ons mense moontlik gemaak het. Hier is 'n groot investering gedoen in ons gemeenskappe en& ons mense en dit is moontlik gemaak omdat Gansbaai Sakekamer geaffilieer is by die AHI.

Dr. Johan Louw het die 5-dag groep vir die hele week deur die kursus gelei.

Onderwerpe wat gedek is sluit oa. sake in soos:
• Skep van fondamente vir jou besigheid
• Die fisiese infrastruktuur
• Finansiering
• Spanwerk en menslike hulpbronne
• Korporatiewe identiteit
• Bestuur van jou besigheid se uitsette
• Operasionele aspekte
• Behou en verseker Beheer

Die groep is opgedeel in 5 groepe met 'n groepleier vir elke groep, sowel as 'n koördineerder vir die hele groep. Die oogmerke is dat hierdie groepe voortaan gereeld sal saamkom, saam beplan, mekaar ondersteun en gemeenskaplike sake sal bespreek. Dr. Johan Louw beplan om 'n "Inkubator" in Gansbaai te stig vir hierdie groep wat hulle dan verder sal ondersteun vanaf die AHI se kant af.  Gansbaai Sakekamer sal die platform skep om die proses te fasiliteer, asook die besigheidsplanne en ondernemings te bevorder.  Die suksesse van elkeen se aksies sal egter op die einde afhang van homself of haarself - elkeen moet self beplan, hard werk, baie energie insit, gemotiveerd wees en genoeg deursettingsvermoë openbaar om 'n sukses te maak van sy/haar besigheid. Baie leiding en ondersteuning kan egter via Johan Louw verkry word en daarvoor is die nodige strukture en kommunikasie-kanale reeds opgestel. Nou moet elkeen hardloop met die gereedskap wat gegee is.

Dr. Christo van der Rheede (Uitvoerende Hoof - AHI) sal die sertifikate vir die groep oorhandig tydens ons Sakekamer se Ledevergadering op 27 Aug waar hy ook ons gasspreker is. 

Piet Badenhorst (Voorsitter: AHI, Wes-Kaap) sal ook die aand teenwoordig wees, sowel as persone van ons Munisipaliteit soos die Uitvoerende Onder-Burgemeester Pieter Scholtz en ander amptenare.

Ons groot dank gaan ook aan ons kerkgemeenskappe vir hulle mildelike ondersteuning tydens die week. Die AGS het hulle fasiliteite beskikbaar gestel en tee/koffie bedien - Dankie pastoor Frikkie Zeelie. Vyf verskillende kerke het elkeen 'n beurt geneem om aan almal 'n ete te voorsien - Dankie aan die NGK, AGS, Omgee Bedieninge, Lede in Christus Kerk en Gansbaai Family Church.

Ds. Dennis Naidoo het besonder moeite gedoen om die "Fraternal" te organiseer en as skakelpersoon op te tree vir 'n hele groep mense waar almal nie via e-pos bereik kon word nie.

Hierdie is nog 'n bewys van hoe 'n gemeenskap kan saamwerk. As elkeen bereid is om betrokke te raak en bietjie hulp aan te bied, dan kry ons baie gedoen.

Dinge loop nie altyd vlot nie, maar ons vat nie sommer nee vir 'n antwoord nie - ook toe dit woes gegaan het met die organisasie van die 5-dag se werwing van mense, advertensies en e-posse, voltooiing van vorms, keuring van 26 mense, reëlings oor lokaal en etes. Ons het net vasgebyt en deurge-druk om dit te maak werk.

As ek kyk na die mense se reaksie, die opgewondenheid, die mooi "getuigskrifte", die nuwe motivering en lus om dinge aan te pak - Ja, dan was alles die moeite werd!

Ons dank gaan spesiaal aan ons Hemelse Vader wat vir ons die geleenthede skep, dit moontlik maak en vir ons die energie gee om dit te doen. Sonder Hom is die lewe nie moontlik nie!!

Fanie Bothma, Voorsitter

Entrepreneurskursus aangebied Sakekamer & AHI werk saam

Fanie Bothma

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant