Prestige Vrouedag

 Prestige Vrouedag

Gansbaai Courant

‘n Gesellige oomblik by een van die prag-versierde tafels tydens die NG Vrouediens se prestige Vrouedag

Die NG Vrouediens het onder voorsitterskap van Elcine Hulme gesorg vir ‘n prestige Vrouedagbyeenkoms in die Pretoriussaal. Sowat 215 dames, selfs vanuit die Kaap, het die saal behoorlik volgepak. Spesifieke gasvrouens was vir elke tafel verantwoordelik, met die opdrag dat hulle pienk as kleur moes gebruik, maar verder eie inisiatief aan die dag moes lê. Hierdie dames het gewys waartoe hulle in staat is en gesorg vir prag-versierde tafels - ‘n lus vir enige oog wat die saal binne gekom het. Die smaaklike kosse wat in die saalkombuis deur die dames gemaak is, is terdeë geniet.

Die 90-jarige Johanna Eygelaar wat 240 kruisies vir die Vrouedagbyeenkoms gehekel het

Die 90-jarige Johanna Eygelaar van Franskraal het eiehandig 240 wit kruisies gehekel wat in die pragtige Vrouedagkaartjies geplak is. Die veelsydige gasspreker, Elsabe Aldrich, is goed deur die dames ontvang en sy het die aandag behoorlik vasgevang. Elsabe is 'n oud-onderwyseres, oud-ambassadeur, oud-verfkontrakteur, oud-bemarkingsbestuurder, oud-eiendomsagent, oud-boervrou en oud-skakelbeampte met 'n nagraadse diploma in Suggesto-pedagogiek. Sy is vir die afgelope 10 jaar 'n pretprater, motiveringskonsultant en opleier, wat ook dikwels as seremoniemeester en geleentheidspreker optree, met 6 boeke wat al uit haar pen verskyn het. “Die gesellige dag het ten doel gehad om fondse vir ons verskeie projekte in te samel wat gedurende die loop van elke jaar deur ons aangepak word,” vertel Elcine. Onder andere verwys Elcine na die Pinkstermaal, ‘n Kersete vir Silwerjare Dienssentrum, Lindiwe Mthembu van die Makhathinivlaktes in KwaZulu-Natal se Onderwyskursus, betrokkenheid by Herberg Kinderhuis te Robertson, betrokkenheid by Laerskool Okkie Smuts in Stanford en die betaling van Vrouediensheffings aan organisasies soos deur die NG Sinode voorgeskryf. Elcine doen graag die volgende bedankings:

Gasvrouens vir die versiering van die tafels; betrokkenes wat hard in die kombuis gewerk het; alle dames wat behulpsaam was, maar veral ook die paar manne wat hul deel gedoen het; die Snater Teater kin-dertjies wat “Hout-kruis” onder leiding van Sylvie Agen-bach opgevoer het; Pieter Deon Interiors vir die voorportaal; Johanna Eygelaar vir die hekel van die kruisies.      

Hardus Botha


Vlnr is Fransil Kotze, Elsabe Aldrich (gasspreker) en Elcine Hulme tydens die oorhandiging van ‘n blyk van waardering aan die gasspreker

 Prestige Vrouedag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant