Melodrama 2013

Melodrama 2013

Gansbaai Courant

Gansbaai Academia, met vlnr Juanita Hage, JP Coetzer, Tommy Wilson (skoolhoof) en Yolanda Coetzer

Dis weer die opwindende tyd vir Gansbaai Melodrama 2013. Dinsdag was dit kleedrepetisie, ná vele maande se harde werk en inoefening. Woensdagaand was dit 360 leerders wat met geborgde kaartjies bederf is, waarby iets te ete, koeldrank en lekkers ingesluit was. JP en Yolanda Coetzer en Juanita Hage het die geborgde kaartjies persoonlik aan Gansbaai Academia, Gansbaai Primêr, Laerskool Primêr en Laerskool Okkie Smuts gaan oorhandig. Vanaand (Donderdag) en Vrydagaand is “oopaande” vir inwoners en belangstellendes kan kaartjies teen R50 per volwassene en R30 per kind by Gansbaai Pep Stores of enige speler koop. Kaartjies sal by die deure ook verkoop word.

Gansbaai Primêr, met vlnr Juanita Hage, Neil Pedro (adjunk-hoof), JP en Yolanda Coetzer saam met leerlinge

Die Snoepie tydens pouses op dié twee aande sal deur Kleine Gansies as hulle fondsinsamelingsprojek bedryf word. Gansbaai Melodrama se jaarlikse opvoerings in die Pretoriussaal ten bate van die Gansbaai Melodrama Kindertrust, is puik en professioneel en alle winste gaan vir liefdadigheid.

Laerskool Gansbaai, met vlnr Juanita Hage, Zulene van Niekerk (hoofmeisie), JP Coetzer, Jan Kotze (hoofseun) en Yolanda Coetzer

“Kaartjies vir Saterdagaand se gewilde Gala-aand is reeds uitverkoop, maar vir Donderdag- en Vrydagaande is daar nog kaartjies beskikbaar,” sê JP Coetzer, Produksiebestuurder.

Die sowat 25 spelers, kinders, dansers, orkeslede en werkers agter die skerms (backstage) maak vanjaar weer seker dat die onderskeie gehore waarde vir hul geld kry en terselfdertyd ‘n bydrae tot liefdadigheid lewer. Enkele voorbeelde van “bekendes” se liedjies wat perfek in nie minder nie as 26 items nageboots word, is Michael Jackson, Whoopi Goldberg, Tina Turner, ABBA en Queen - om maar net enkeles te noem.

Belangstellendes wat ‘n bydrae tot die Gansbaai Melodrama Kinders Trust wil maak, kan die volgende bankbesonderhede gebruik: Gansbaai Melodrama Kinders Trust; Nedbank; Takkode - 187505 (Hermanus); Rekeningnommer - 1345 054238.

Vir navrae rakende Gansbaai Melodrama, kan JP Coetzer by 083-274-9674 geskakel word. 

Hardus Botha

Melodrama 2013

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant