4 x 4 Flower Power

 4 x 4 Flower Power

Gansbaai Courant

Een van die roetes met ‘n panoramiese uitsig tydens die komende Flower Power 4x4 ten bate van Flower Valley Voorskool

Vanjaar se Flower Power 4x4 dag gaan weer 4x4 voertuigbestuurders toets met uitdagende roetes oor die Gansbaai landskap,” vertel Woensdregt Basson, organiseerder. Hierdie gewilde Flower Power 4x4 dag vind vanjaar op Saterdag, 21 September plaas. “Die opbrengste vir die dag gaan aan die Flower Valley Voorskool, die skooltjie vir twee- tot ses-jariges op Flower Valley Plaas.” Woensdregt sê die bestuurders het 4 moontlike roetes waarvan hulle 3 kan kies.

“Hierdie jaar is daar ook voorsiening gemaak vir passasiers of mense wat nie 4x4 voertuie besit nie, om ook die dag se modder- en sandpret te geniet.” Die roete deur Flower Valleyplaas bestaan uit modder, gras en sand, terwyl passasiers lieflike berg- en natuurtonele kan besigtig. Die Panorama-roete bestaan uit los klippe vir sowat 75m teen steil opdraendes, ‘n bietjie sand met die natuurskoon van die berge. Die derde roete is oor Murasie en die modder en sand op die roete behoort bestuurders op hul tone te hou. Die Witblitzroete loop oor senutergende steiltes en deur turfmodder. Die dag se aktiwiteite begin om 07:00 by Johnny Rockets Pub (GPS: S34 36.023, E 019 24.489), op die R43 regoor die Uilenkraalsmond-afdraai en voertuie trek stiptelik om 08:00 weg. Woensdregt sê daar word ook ‘n besige dag beplan vir die gesin, met lekker pryse, ‘n springkasteel vir die kinders, asook heerlike kos, onder andere ‘n perlemoenpotjie, wat beskikbaar sal wees. Daar is ook braaifasiliteite vir diegene wat self agterna wil braai.

“Polisie teenwoordigheid en radio kommunikasie sal verseker dat ons in kontak met ons bestuurders bly en dat ons dadelik sal kan help indien nodig,” sê Woensdregt. Inskrywingsgelde beloop R250 per 4x4 en R200 vir dié wat ‘n dag voor die tyd inskryf. Vir meer inligting kan Woensdregt Basson by woema@hotmail.com gekontak word, of skakel 082-457-3291.

Hardus Botha

 4 x 4 Flower Power

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant