Gansbaai Courant

Blog: Agri Stanford se Opedag

Published: 12 September 2013
By:Hardus Botha

Overberg Argri Stanford se bestuurder (regs), Granville Johannes, het nie op hom laat wag om as “demostrasie-model” gebruik te word nie

Overberg Agri Stanford het onlangs ‘n suksesvolle Opedag op Saterdag, 31 Augustus gehad, ondanks die reën wat kort-kort uitgesak het. Enkele verskaffers het demonstrasies aangebied, terwyl besoekers rustig deur die winkel kon stap om alles te besigtig. “Ek is tevrede met die verloop van die gesellige opedag,” het die bestuurder, Granville Johannes gesê.

Nuwe elektriese gereedskap word aan besoekers gedemonstreer

Burger Le Roux, 2010 se Superster, het besoekers met sy sangtalent vermaak en selfs ‘n donkiekarrit deur Stanford is gereël. Landbouprodukte is ten toon gestel en houtwerk- en tuindemonstrasies is gereël, met etlike nuwe reekse van produkte wat besigtig kon word, met spesiale afslagpryse wat aangebied is. Vir die hongeriges is daar smaaklike verversings te koop aangebied en daar is sommer gesellig saamgekuier en na Burger geluister.

Hardus Botha

Burger Le Roux, 2010 se Superster, in aksie

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...