BARC se Natsnoetdag

BARC se Natsnoetdag

Gansbaai Courant

‘n Trotse wenner tydens ‘n vorige BARC Troeteldierskou. Argieffoto: Gansbaai Courant

BARC se gewilde Natsnoetdag, as deel van die Fees van die Ganse, vind vanjaar op Dinsdag, 24 September (Erfenisdag) op Laerskool Gansbaai se sportgronde plaas. “Die dag se verrigting begin om 09:00 met ‘n ‘Big Walk’ optog in Hoofstraat waaraan eienaars met hulle diere aan leibande en kindertjies in stootwaentjies kan deelneem en die inskrywingsgeld beloop R10,” vertel Annalie Jonker van BARC.

Behalwe vir die straatoptog, is daar vele pret om na uit te sien, soos: 'n Hondemodeparade waarvoor daar opsoek is na “hondemodelle” om te paradeer; ‘n Parade van die diere wat by BARC aangeneem is; ‘n Troeteldierskou (hoogtepunt) in verskillende kategorieë en die inskrywingsgeld daarvoor is R10 per kategorie, met inskrywingsvorms wat nou reeds by die BARC winkel, Gansbaai Toerisme, Pet Shop en Chicken Land beskikbaar is; Stalletjies met pannekoek, worsrolletjies, nagereg en vla, koeldrank, tee en koffie, asook hondejassies, katspeelgoed (gebreide muise), kombersies, hondebeskuitjies en veel meer. ‘n Fotograaf sal ook beskikbaar wees om netjiese foto’s van eienaars en hul troeteldiere te neem.

Annalie sê lyste waar 'n lootjie van R5 gekoop kan word is reeds in omloop, waarmee kontantpryse van R500, R250 en R150 gewen kan word en dit is beskikbaar by die volgende plekke: Chicken Land, Pet Shop, Lighthouse Tavern, Gansbaai Toerisme, Needles & Pins, Bon Bon, BARC se winkel en ook by individue.

BARC se bestuur nooi graag almal uit om die dag te ondersteun. Alle fondse gaan vir ‘n gratis sterilisasie-veldtog gedurende November/Desember aangewend word.
Finansiële bydraes ten bate van BARC kan direk in hulle bankrekening inbetaal word (meld net die donateur se naam, of “anoniem” indien so verkies): BARC - Nedbank Gansbaai - Takkode 198-765 (nuwe takkode) - Rekeningnommer 149 810 3006 - Spaarrekening.

Vir navrae oor en inskrywings vir die Natsnoetdag kan Annalie Jonker by 028-384-1740 of 082-826-0631 gekontak word, of skakel Gansbaai Toerisme by 028-384-1439.

Hardus Botha

BARC se Natsnoetdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant