VLV NUUS

VLV NUUS

Gansbaai Courant

Op Dinsdag, 3 September, is daar ‘n heerlike middag deurge-bring met Mary Badenhorst van  ons Landbou Portefeulje.

Abe Smit van Franskraal het ons kom toespreek oor een van sy geliefde plante die CLIVIA “Boslelie” Diegene wat Abe ken, weet dat hy ‘n groot verskeindenheid van Clivias besit asook ‘n versamelaar is van Alwyne.

Ons is ingelig oor hul herkoms, die verskillende soorte, kleure, en grotes. Hy het ook gewys hoe om  die sade te behandel, en om dit gereed te maak vir plant. Daarna is gedemonstreer hoe die plante geplant  moet word, watter grond en bymiddels gebruik moet word, die grote pot en die belangrikste waar die plante geplaas (ligging)  moet wees om die beste uit hulle te kry.

Daar is baie vrae gevra, en die dames het ywerig aantekeninge gemaak.

3 Plante is uitgeloot, en Francetta Cillie Malan was gelukkig om ‘n groot geel Clivia wat amper blom met sade te wen, Lorraine Germishuys was die gelukkige 2de en 3rde wenner. Baie dankie aan Abe wat die plante aan ons geskenk het, asook aan ons Landbou Gasvrouens vir die heerlike eetgoed wat daarna bedien is.

Op 17 September om 10:00  bied die VLV ‘n demonstrasie aan van blomme en hoe om spesiale toebroodtjies te maak.

Dit word aangebied deur Jeff Milne van Kleinmond, ‘n bekende Blomme Beoordelaar, wat ook al bygedra het tot die Chelsea Skou in Engeland. Hy het ook jare lank ‘n bloemistewinkel in Caledon gehad.

Almal word vriendelik uitgenooi om die oggend saam ons deur te bring by Gansbaai Family Kerk, Buitekantstraat (ou Sopkombuis). Kostes is R20 per persoon en ligte verversings word aangebied. Skakel Rienie by 028 38 41170 of 081 443 8248.   
                                                       
Rienie Lüdick

VLV NUUS

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant