Gansbaai Fynbosspan in Bredasdorp

Gansbaai Fynbosspan in Bredasdorp

Gansbaai Courant

Gansbaai se Fynbosspan by hulle uitstalling by die Cape Floral Kingdom Expo in Bredasdorp

‘n Deel van Gansbaai se gedugte Fynbosspan wat jaarliks vir die Fees van die Ganse se verruklike fynbosuitstalling sorg, is vanjaar deur Adriaan Hannekom, voorheen in beheer van die Caledon Veldblommeskou, genooi om aan Agri Mega Group (AMG) se Cape Floral Kingdom Expo in Bredasdorp deel te neem. Hulle het dié uitdaging aanvaar en Anita Botha en haar span het die nodige reëlings getref. Behalwe vir Bev Swart en Coenie van Dyk se bakkies wat maksimaal benut is, het Bev ook sy enorme 26-ton vragmotor beskikbaar gestel. Hulle vertrek na Bredasdorp, saam met ander voertuie, het soos ‘n “Uittog” uit Gansbaai gelyk. AMG se Expo is vanaf 29 Augustus tot 1 September te Mega Park in Bredasdorp aangebied. Dit was ‘n lus vir die oog om te besoek en baie moeite is gedoen om vir ‘n pragtige Fynbos- en ander uitstallings te sorg, insluitend vele uitstalgeleenthede vir organisasies, besighede en individue. Sowat 6,000m² is onder een dak vir die Expo benut, met AMG se leuse as: “Revive our Floral Heritage”, met die fokus op landskapstuine en spesies.

Gansbaai se uitstalling het bestaan uit ‘n groot bergtoneel wat vloeiend afgewerk is na ‘n tipiese Strandveldlandskap en wat eweneens vloeiend na ‘n seetoneel oorgeskakel het. Die span se bekende “protea-walvisstert” was aan die voorkant en Gansbaai Toerisme se banier trots bokant die uitstalling. By die seetoneel het Coenie van Dyk se bekende draad-pikkewyne, -haai en -seemeeue, wat kunstig deur die dames met blombos en ander fynbos versier is, menige besoeker se aandag vasgevang. 


Nog ‘n Gansbaaistalletjie was dié van Marine Dynamics, met inligting oor Dyer Island Cruises en Dyer Island Conservation Trust ingesluit, met Sanchia Chivell aan diens

Hierdie groep, wat selfs een nag moes oorslaap, verdien ‘n groot “Bravo!” vir hulle kunswerk te Bredasdorp. Vele komplimente oor die Gansbaaiers se uitstalling is tydens Gansbaai Courant se besoek aan die Expo gehoor. Die Gansbaaiers (alfabeties) wat hard saam met Anita gewerk het, is Alice Bredenkamp, Amanda le Roux, Andrè Crafford, Bev Swart, Christa van Dyk, Coenie van Dyk, Dawie le Roux, Jeannette Crafford, Judy Bothma, Stella Swart, Suzie Rademan en Sylvie Agenbach.
Anita bedank graag die fynbosspan vir ongelooflike harde werk en samewerking, met spesiale verwysing na die twee dorings onder die dames, Bev en Coenie wat meer as net staatmakers was, asook ‘n spesiale dankie aan Coenie en Christa wat op versoek bereid was om die uitstalling in Bredasdorp vir die volle tydperk te beman. Bravo aan Gansbaai se Fynbosspan!
Hardus Botha


 

Die Gansbaaiers se uitstalling met ‘n berg-, strandveld- en seetoneel

Gansbaai Fynbosspan in Bredasdorp

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant