Basaar op hande

Basaar op hande

Gansbaai Courant

Die groot span rose, ingesluit 2 dorings, wys hier hoe word daar bontgestaan wanneer koeksisters gebak word

Herberg-aan-See se gewilde en jaarlikse basaar is op hande. Die laaste hardlope word nog deur vrywillige werkers gehardloop en vlytige hande skarrel vir oulaas rond om seker te maak alles sal in plek wees. Die gewilde wit-olifanttafel, tombola-items en naaldwerktafels sal weer eens ‘n groot verskeidenheid van items “spotgoedkoop” beskikbaar stel. Die verskeidenheid van koeke en terte van alle denkbare vorms en geure sal besoekers laat toustaan, om nie van die nagereg, etes op die verhoog en veel meer te praat nie. Van die laaste gebak-en-gebrou was onder andere dosyne koeksisters - “crispy” en stroperig wat die mond laat water. Die spreekwoordelike tafel is gedek en elke sent wat spandeer word gaan aan Herberg-aan-See vir brood-broodnodige fondse waarsonder die tehuis nie op ‘n gesonde vlak bedryf kan word nie. Wees vroegtydig daar…wanneer dominus amen sê, is sommige sakke al volgepak. Laaste nippertjie navrae kan aan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gerig word.

Die basaar open Saterdag, 21 September om 10:00 in die Pretoriussaal.
Hardus Botha

Basaar op hande

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant