Academia baat by Facebook

Academia baat by Facebook

Gansbaai Courant

Vriende vanuit die Kaap skenk R12,000 met ‘n ruim hart en Kuilsrivier Gholfklub se spelers neem deel aan Gansbaai Academia se Gholfdag. Voor vlnr Aden Walbrugh, Brent Walbrugh, Tommy Wilson (Skoolhoof) en Andy Arendse. Middelry vlnr George van Aardt, Helene Segal (Organiseerder) en Michael Crynwagen. Agter vlnr Andrè Huysamer, Clarence Abott en Lesley Lombard.

 “Facebook bladsy maak Gansbaai Lekker!”, is wat Ernst  Nieuwoudt, voorsitter van die Beheerliggaam sê. “Op Donderdagaand het ek Gansbaai Academia se ontbyt, wat saam met hulle golfdag aangebied is, met ‘n foto op die ‘Wie maak Gansbaai Lekker’-groep se Facebookbladsy geadverteer,” vertel Ernst. “Sommer na ‘n kort rukkie het een van die blad se stigterslede, Janine Taylor, aangebied om 10 ontbytkaartjies vir die bejaardes te koop, wat ook as ‘n uitstappie vir hulle sou dien.” Ernst sê nog 5 ander mense/instansies het elk 10 ontbytkaartjies die volgende oggend gekoop en gedurende die dag nog 4 persone elk wat 10 kaartjies verkoop het - met die totaal op 90 kaartjies. “Behalwe vir Janine, het die volgende mense ook bygedra: Volker Stehle, El-Marie Victor Fourie (vanaf oorsee), Ernst Nieuwoudt, Tolbos Bistro, Jacqui Conradie, Margie Roux, Kobus van Staden en ‘n anonieme donateur. Baie dankie aan hierdie wonderlike mense!” sê Ernst. Hy vertel dat die logistieke probleem om die bejaardes te vervoer deur Agulhus Eco Tours en Overstrand Medical Response opgelos is, wat gratis vervoer verskaf het.

Ernst sê die enigste probleem was toe om blitsvinnig genoeg bejaardes te kry om van die wonderlike geleentheid gebruik te maak, maar uiteindelik het sowat 50 bejaardes wel ‘n smaaklike ontbyt in die ontspanningssaal van Gansbaai Gholfklub genuttig. “Gansbaai Academia beplan om volgende maand weer ‘n liefdadigheidsontbyt aan te bied om sodoende nog 40 ander bejaardes uit te nooi, sodat ons ons verpligtinge teenoor ons donateurs kan nakom,” sê hy.

Gansbaai Gholfklub se lede se groot ondersteuning word opreg waardeer. Verskeie lede het tot soveel as R200 se lootjiekaartjies gekoop vir die 3 groot geskenke wat uitgeloot is. Op die foto ontvang mnr W.A. van der Merwe sy geskenk as gelukkige wenner, met Julia Wilson wat sy prys aan hom oorhandig.

Almal wat die ontbyt Saterdag bygewoon het, het met groot lof nie net oor die kwaliteit van die ontbyt gepraat nie, maar ook oor die wonderlike waarde vir geld, met ‘n gesellige Gholfdag wat geniet is. Gansbaai Academia beplan nog ‘n ontbyt teen R35 per persoon en mense wat donasies wil gee om te help, is welkom om Gansbaai Academia by 028-384-2370 te skakel, of om hom persoonlik by 082-228-9524 te kontak. “Dit is belangrik om te besef dat hierdie donasies twee baie goeie doele dien, naamlik broodnodige fondse vir Gansbaai Academia en ‘n uitstappie vir bejaardes wat dit gewoonlik nie self kan bekostig nie,” sê Ernst.

Hardus Botha

Academia baat by Facebook

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant