Skoenbokse vol Vreugde

Skoenbokse vol Vreugde

Gansbaai Courant

 “Die Santa Shoebox Project het nou verteenwoordigers in Gansbaai ook en die aflaaidatums vir vanjaar se geskenke is vir 25 en 26 Oktober by die Pretoriussaal geskeduleer,” sê Lucille Mangiagalli, Gansbaai se koördineerder van die projek. Die Santa Shoebox Project bring jaarliks derduisende mense bymekaar met die gesamentlike doel om deur die skenking van ‘skoenbokse vol vreugde’ oor die Kerstyd, die lewens van minder bevoorregte kinders te verryk. Die projek is reeds in sy 7de jaar en met vanjaar se tema van ‘Reik uit na die Plattelandse Kind’, word daar beoog om die projek verder uit te brei na behoeftige plattelandse gemeenskappe. Hulle mikpunt van sowat 100,000 skoendose met geskenke is in 2012 bereik, wat ook 2013 se mikpunt is, maar vir plattelandse dorpe.

Die projek is ‘n inisiatief van die Kidz2Kidz-trust, 'n geregistreerde openbare welsynsorganisasie (OWO 930.031.301) en ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO 102-098) met artikel 18A status. Alle belangstellendes word uitgenooi om aan hierdie projek, wat ‘n mens se hartsnare roer, deel te neem. Wat die projek uitsonderlik maak, is dat elke skenker die naam, ouderdom, en geslag van die kind ken vir wie die geskenk gekoop word. Gesinne in geheel kan dus saam-saam ‘n kleinding se naam op die webtuiste kies, die geskenk koop en hul skoenboks self versier. Die bokse word dan volgepak met noodsaaklikhede soos ‘n waslap, seep en tandeborsel, en dan ook ‘n lekker speelding en ‘n uitrusting, soetgoed en meer, voordat dit ingehandig word. Die projek se koördineerder in Hermanus is Wendie Clearly en sy kan by 082-923-9932 gekontak word. Navrae kan ook aan info@santashoebox.co.za ge-epos word, of besoek hulle webtuiste by www.santashoebox.co.za. Belangstellende Gansbaaiers kan vir Lucille Mangiagalli by 028-384-0973 of 074-181-1514 of stuur ‘n e-pos aan haar by lucille.m@vodamail.co.za. Onthou die aflaaidatum van “Skoenbokse vol Vreugde” op 25 en 26 Oktober in die Pretoriussaal. (Bron: Santa Shoebox Project - Mediaverklaring)

Hardus Botha

Skoenbokse vol Vreugde

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant