Bond van Oud Polisiebeamptes

Bond van Oud Polisiebeamptes

Gansbaai Courant

Die groot groep Gansbaaiers (oud-polisiebeamptes) tydens ‘n gesellige braai deur die Bond van Oud-Polisiebeamptes Overstrand in die Birkenhead Boothengelklub

Die Bond van Oud-Polisiebeamptes Overstrand, waarby etlike Gansbaaiers ingesluit is, het onlangs ‘n gesellige braai-funksie in die Birkenhead Boothengelklub gehou. “Ons kom kwartaalliks bymekaar vir so ‘n geselligheid, maar telkens in ‘n ander dorp,” vertel genl.-maj. Deon du Toit van Franskraal. Daar is sommer heerlik en gesellig gebraai en gekuier, met weduwees van afgestorwe polisiebeamptes wat ook as volwaardige lede teenwoordig was. Die Bond van Oud-Polisiebeamptes Overstrand is gedurende 2010 in Hermanus gestig, wat die munisipale gebiede van Overstrand en Bredasdorp insluit.

Die Overstrand-tak met sy sowat 80 lede is een van 47 takke landswyd ‘n totale ledetal van sowat 3,000. Die Bestuur van die Bond van Oud-Polisiebeamptes Overstrand is genl.-maj. Hannes Visser (voorsitter), lt.-genl. Hennie Westdraat (visie-voorsitter), Annetjie Haumann (sekretaris), lt.-kol. Louis van Brakel (tesourier) en genl.-maj. Deon du Toit van Franskraal (lid). Die Bond se doelstellings is onder andere: “Om onderlinge kameraadskap, harmonie, vriend-skap, hulpvaardigheid en gemeenskaplike belangstellings onder lede te handhaaf en te bevorder”; “Om spesiaal na die belange van sy lede om te sien en voortdurend te waak oor die welsyn van lede deur om te sien na mediese- en pensioen-voordele, asook ander belange wat van tyd tot tyd ondervind word en dit te ondersoek en te bevorder”. Veral polisie-weduwees word deur kundiges bygestaan, onder andere met die voltooiing van mediese- en pensioenvorms vorms. ‘n Beroep word op alle oud-polisiebeamptes, asook weduwees, gedoen om by die Bond van Oud-Polisiebeamptes Overstrand aan te sluit.

Die voorsitter, genl.-maj. Hannes Visser kan vir navrae by 028-316-1503 geskakel word, of die sekretaris, Annetjie Haumann by 028-316-2418, of stuur ‘n e-pos aan haar by haumannonrus@gmail.com.        
         
Hardus Botha


‘n Deel van die Bestuurslede van die Bond van Oud-Polisiebeamptes, met voor vlnr genl.-maj. Hannes Visser en Annetjie Haumann. Agter vlnr is lt.-genl. Hennie Westdraat, genl.-maj. Deon du Toit en lt.-kol. Louis van Brakel

Bond van Oud Polisiebeamptes

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant