Vrygewigheid vanuit Engeland

Vrygewigheid vanuit Engeland

Gansbaai Courant

Die groot groep wat almal die skype-geleentheid met Jack Doyle van Engeland bygewoon het

Silwerjare Dienssentrum se lede en Bestuur het rede om breed te glimlag…£2,200 (±R35,000), met ‘n verdere £300 (±R5,000) wat deur Banks Group in Engeland oorbetaal is, dus £2,500 in totaal. Die £2,200 is tydens ‘n fondsinsamelingsfunksie in die Stanley Bowls Centre, Stanley, Engeland deur Jack en Anita Doyle van Chester Le Street, England gereël. 


Die eerstes om “Hi Jack!” tydens ‘n skype-aand met Jack Doyle in Engeland te sê, met vlnr Margi Muller, Johan Wiese, Jacoba Europa en Mona Julies

“Stanley is a former coal mining area so the people there have experienced many personal hardships in the past and because of that have a clear understanding of the needs of people less fortunate than themselves,” het Jack gesê. “We had 80 odd in attendance last night, the evening consisted of a buffet supper, live music and a very good raffle. I was able to get everything sponsored so all monies raised goes to Silwerjare. The good news is that we raised £2,200.” Margi Muller van Franskraal het op die ooreenstemmende tydstip ‘n geselligheid te Silwerjare Dienssentrum gereël, waartydens Jack met die bejaardes via skype kon kommunikeer. Jack se skype-oproep, ‘n onbekende tegnologie aan die bejaardes, is met groot opgewondenheid afgewag en daar is sommer lekker met hom gekommunikeer, terwyl sy gaste in Engeland die bejaardes kon sien. “Ons is sedert April vanjaar met ‘n ‘Silwerjare-projek’ besig wat deur Jack en Anita Doyle geïnisieer is,” vertel Margi. Jack en Anita is al vir die afgelope 12 jaar vakansiegangers in Gansbaai en ook jarelange vriende van Margi en haar eggenoot, Steve.

Vroeër vanjaar het hulle ‘n donasie ten bedrae van R2,500 vir kruideniersware en geskenkpakkies aan Silwerjare oorhandig, maar wou graag by ‘n groter projek betrokke raak. Hulle het verskeie opsies oorweeg en op Silwerjare Dienssentrum besluit. “Die fondsinsamelingsfunksie kan as fase 1 van die Silwerjare-projek beskou word, met fase 2 die praktiese besteding van die fondse aan die bestaande geboue-struktuur. ‘n Aparte bankrekening vir kontrole doeleindes is reeds, op aandrang van Jack, geopen,” vertel Margi.

“Ek bedank graag die bejaardes vir hul teenwoordigheid, asook die bestuurspan van Silwerjare, Johan en Gerrit Jooste van Jannas Plaaskombuis, Johan en Suzette Wiese, Hardus en Anita Botha vir hul ondersteuning om ‘n sukses van die aand te kon maak, asook my eggenoot, Steve vir sy ondersteuning. Maar ons grootste dank gaan aan ons Hemelse Vader vir sy genade oor hierdie projek.”

“It was a truly uplifting experience seeing and hearing everyone we already knew and to see the excitement on their faces,” het Jack gesê. Gansbaai Courant kan vir die vordering van hierdie projek dopgehou word. 
Hardus Botha


Silwerjare Dienssentrum se stigterslid, Magrieta Adams, kommunikeer met Jack Doyle van Engeland via skype, met Johan Wiese en Margi Muller by haar

Vrygewigheid vanuit Engeland

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant