Gansbaai Toerisme Buro

 Gansbaai Toerisme Buro

Gansbaai Courant

Glenda Kitley (links) oorhandig ‘n blyk van waardering aan die Overstrand Vrou van die Jaar, Mary Faure, tydens Gansbaai Toerisme Buro se Algemene Jaarvergadering

Die pasafgelope Algemene Jaarvergadering van Gansbaai Toerisme Buro het weer eens bewys dat toerisme- en bemarkingsaangeleenthede ten bate van Gansbaai, asook Overstrand in geheel, op ‘n gesonde en suksesvolle basis bedryf word.

In sy voorsittersverslag het Johan Pieterse na ‘n jaar vol van opwindende uitdagings verwys. “Ons komitee was in twee groepe verdeel - Bemarking en Ontwikkeling en was in vele aktiwiteite in die Gansbaai area betrokke, maar ons het ook op die groter area, vanaf Elim tot by Hangklip/Bettiesbaai, gefokus,” het hy gesê. “Marketing speaks for itself and a new satellite office was opened in Pearly Beach, with another one opening in Baardskeerdersbos shortly.” In haar jaarverslag het Gansbaai Toerisme se Bestuurder, Glenda Kitley, onder andere na die bywoning van en deelname aan etlike tentoonstellings soos twee Gataway Shows in Johannesburg en Kaapstad, die Beeldskou in Midrand, die Indaba in Durban, die Argus en die Patatfees in Napier, asook die Floral Kingdom Expo in Bredasdorp, verwys. “Lede is gereeld deur middel van omsendskrywes, die nuusbrief en koerantberigte van vele plaaslike aktiwiteite op hoogte gebring, asook van Gansbaai Toerisme se direkte betrok-kenheid daarby.

Enkele vorige komiteelede het hulself weer beskikbaar gestel, wat eenparig herverkies is: Johan Pieterse as voorsitter, Flippie Groenewald, Gina Boysen, Katrina Adams en Toni Boshoff. Nuwe komiteelede wat verkies is, is Riaan Franken, Sonja Vorster en Michelle Stafford. Twee interessante gassprekers is na die vergadering genooi, naamlik Mary Faure wat onlangs as “Overstrand Vrou van die Jaar” aangewys is en Robert van Rooyen wat namens D.R.O.I.D (EXPLORE) ‘n aanbieding gelewer het.

Robert het onder andere na positiwe resultate verwys wat oor ‘n relatiewe kort tydperk deur die dinamiese groep jongmense van D.R.O.I.D. bereik is. Vanaf Desember 2012 het die uitmuntende webtuiste se aantal besoekers van 1,221 na 9,160 in Augustus 2013 opgeskuif, ‘n toename van 645%. “Net gedurende Augustus vanjaar kom dit neer op sowat 9,000 mense wat nou ‘n behoorlike begrip van Gansbaai het,” het Robert gesê. Vir navrae kan D.R.O.I.D. by community@ gansbaaiexplore.com gekontak word.

Mary het onder andere die volgende met die lede gedeel: “Tourism members want 3 things: ‘something’ to bring visitors to town during the winter season, ‘something’ to get visitors to stay more than one night and ‘something’ to attract a new set of visitors to town. Some serious aspects about tourism are: on the one hand the task of tourism is to serve visitors when they are in the town and on the other it is to bring visitors (feet) into the town; two main effects of the Internet is that more and more bookings are made on-line reducing a major source of income for the bureaux and it is so much easier to compare offerings of different towns when making choices.” Die nuutverkose komiteelede is alle sterkte vir hul werksaamhede vir die nuwe termyn toegewens.

Vir enige toerisme gebeure en interessanthede, kan Gansbaai Toerisme by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net. Webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com

Hardus Botha 

 Gansbaai Toerisme Buro

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant