Flower Power 4x4 se dankie

Flower Power 4x4 se dankie

Gansbaai Courant

 

Flower Power 4x4 wil graag namens die organiseerders van die geleentheid gebruik maak om donateurs vir hul bydraes en ondersteuning, asook alle werkers, van harte te bedank,” sê die organiseerder, sers Woensdregt Basson van Gansbaai SAPD. Sowat 50 bestuurders het 4 roetes in die Overstrand-area aangedurf en die gure weersomstandighede het die uitdagings van die dag nog moeiliker gemaak. “Ongeag die weersomstandighede is positiewe terugvoer ontvang,” het sers Basson gesê. Die Bestuur van Flower Valley Early Learning Centre het hul opregte waardering teenoor die organiseerders vir ‘n suksesvolle dag ten bate van die skool uitgespreek. Die organiseerders hou die volgende bedankings (alfabeties) voor: Anton Olivier (Toyota), Botha Claassen (Jeep), Dyer Island Cruises, Eric Atwood, Gansbaai Apteek, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar, I&J, Ivanhoe Sea Safari's, Marine Dynamics, Midas, Pearly Gates, Pieter-Hugo le Roux, Roman Bay Seafarm, Sharkdiving Unlimited, Stofpad4x4, Supaquick Gansbaai en Caledon, Susan Brink en Whiteshark Projects.

“David Plane en sy groep skoolhoofde en onderwysers, dankie ook vir julle skenkings!” Dan rig hy ook ‘n groot dankie aan die eienaars van Flower Valley, Panorama, Murasie en Witblitz roetes, asook almal wat gewerk het gedurende die 4x4 dag, met ‘n spesiale dankie aan hulle gasheer vir die dag, Johny Rocket’s. Sers Basson sê die enorme bedrag van R11,000 is ingesamel en reeds aan Flower Valley Early Learning Centre oorbetaal. “Dankie vir die beste 4x4xverre!” sê hy.

Hardus Botha

Flower Power 4x4 se dankie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant