70 jaar vloed

70 jaar vloed

Gansbaai Courant


 Kleinrivier in die Akkedisbergkloof. (Foto: Luzaan Botha).


 Stanford R43 by Kleinrivierbrug (Foto: Pieter Scholtz).

Toe ek 70-jaar gelede 3 jaar oud was, het my ma my na die kombuisdeur geroep en gesê: "Kyk, Basie, die water loop in die berg. Daarna het ek dit nog nooit weer gesien nie," het Basie Wessels gesê. Só was dit egter weer Saterdagoggend, met twee watervalle naby Gansbaai se witgekalkte naam, aan Franskraal se kant van die berg.

Nog 'n gebore en getoë Gansbaaier, Piet Nowers, het gesê:  "Ek het dit laas in die vroeg 1940's gesien." Dit stem ooreen met wat Wessels gesê het.

Stortreën het vanaf Vrydagmiddag om 14:00 begin neersak en daarna onophoudelik gereën. Teen Saterdagoggend het Johan Pieterse se reënmeter in Parkstraat reeds oorgeloop en meer as 100mm is gemeet. "Daarna het dit nog 40mm tot Saterdag-middag 18:40 opgevang.

As daar in gedagte gehou word dat die reënmeter die vorige nag oorgeloop het, het daar meer as 140mm reën in 15 uur geval en nog 5mm tot Sondagoggend," het Pieterse gesê. Boodskappe van lesers wat vroeg Saterdagoggend 90mm en meer in Franskraal gemeet het, is ook ontvang.

Verskeie huise is deur die hele gebied oorstroom met die ergste skade in Uilenkraalsmond Vakansieoord aangrensend aan Franskraal. Op sekere plekke was die water so diep dat slegs die veldbrandweerwa daarlangs kon ry. Munisipale voertuie het op verskeie plekke water weggepomp en opgesuig rondom huise. Ook Tiekiedraai in Hoofstraat is oor-stroom terwyl dele van die Industriële gebied ook deurgeloop het. Die R43 pad het net anderkant die Kleinrivierbrug by Stanford weggespoel en is steeds vir verkeer gesluit. Daar word egter verwag dat daar teen die naweek een baan vir verkeer oopgestel sal word.

Die Caledonpad was ook oor die naweek by die Van Brakel stoor-kruising gesluit. Dié sluiting was egter 'n fout, want die pad was oop tot in Stanford en vandaar na Gansbaai. Die provinsiale verkeersdepartement het dit egter na bewering gesluit omdat dit nie as 'n deurweg na Hermanus gebruik kon word nie. Dit het tot groot ongerief en verwarring gelei.

Francois de Jongh

Gansbaaiberg se waterval is 70 jaar laas gesien. (Foto: Francois de Jongh)


Oorstromings in die Industriëlegebied.


Indraaipad na die Franskraal Karavaanpark.

70 jaar vloed

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant