Nelson Rolihlahla Mandela 18 Jul 1918 to 5 Dec 2013

Nelson Rolihlahla Mandela 18 Jul 1918 to 5 Dec 2013

Gansbaai Courant

Heel bo: Wyle Nelson Mandela.      Foto's bo tydens die ondertekening van die "Condolence book"
Links: Gansbaai-dorp: Dixie Walsch   Middel: Blompark: Lezaan Samuels   Regs: Masakhane: Pamela Zongwana


Boeke vir die betuiging van meegevoel en boodskappe aan oud-president Nelson Mandela is deur Gansbaai Munisipaliteit tot al drie gemeenskappe beskikbaar gestel. In Gansbaai-dorp is die boek in Gansbaai AGS-Kerk geplaas en in Masakhane en Blompark in hulle onderskeie gemeenskapsale. ‘n Groot geraamde foto van wyle Mandela, asook ‘n groot brandende kers is langs die boek geplaas. Etlike boodskappe was teen Dinsdag, 10 Desember reeds in die onderskeie boeke geskryf. Oorkoepelend verwys bykans al die boodskappe na die nastrewenswaardige voorbeeld wat hy aan alle Suid-Afrikaners gestel het, met etlike dankbetuigings vir wat hy nie net vir Suid-Afrika nie, maar ook vir die wêreld beteken het.

In Gansbaai is daar sedert 2009 jaarliks met oorgawe aan die viering van “Mandela-dag” op 18 Julie deelgeneem.

Jaarliks het ‘n groot hoeveelheid instansies, organisasies en skole “Mandela-dag” gevier en enorme bydraes tot gemeenskapsdiens gelewer.

Die dag is ingestel om gehoor te gee aan Mandela se oproep om 67 minute aan naastediens af te staan. Veral Gansbaai Munisipaliteit het ‘n reuse taak in hierdie verband verrig deur die gratis verwydering van groot hoeveelhede rommel in al drie die gemeenskappe.

Mandela is op 18 Julie 1918 in Suid-Afrika gebore. Hy was ‘n anti-apartheidsaktivis en het 27 jaar in die gevangenis deurgebring op grond van sabotasie-aanklagte. Hy wen die eerste volle demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in 1994 en dien as Staatspresident tot 1999. Slegs drie van sy vele wyse uitlatings word hiermee aangehaal: “For to be free is not merely to cast off one’s chains, but to live in a way that respects and enhances the freedom of others.”; “And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.”; “Let there be work, bread, water and salt for all.”                         
                        
Hardus Botha

Nelson Rolihlahla Mandela 18 Jul 1918 to 5 Dec 2013

Mandela Condolence book

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant