Twee drenkelinge gered

Twee drenkelinge gered

Gansbaai Courant

Die drie helde, Marnus Coetzee, Arné Broodryk en Wessel van Hansen.

Twee persone, ‘n 15-jarige seun en ‘n ouer dame is op Donderdag, 26 Desember deur die vinnige optrede van drie jongmanne van ‘n gewisse verdrinking by Pearly Beach gered. Die seun, Jandré Beukes (15) van Hermanus, het in die moeilikheid beland, waarna ‘n onbekende dame ingeswem het om hom te red, maar toe self in ernstig moeilikheid beland het. Die voorval het by die strandgedeelte langs Castle Beach, rigting Uilenkraalsmond, tussen 16:00 en 17:00 plaasgevind.

Jandré Beukes het daar geswem en in die moeilikheid beland nadat die sterk seestroom hom tot agter die eerste branders meegesleur het. Die onbekende dame het ingeswem om hom te help, maar het haar met die krag van die seestroom misgis en self in die moeilikheid beland. Martin Coetzee van Brackenfell se seun, Marnus Coetzee (17), ‘n leerder aan die Hoër Landbouskool Boland en sy vriend, Wessel van Hansen (21), ‘n student aan die Northlink College, was op die toneel. Hulle het gesien dat pogings om die twee drenkelinge, “wat reeds besig was om te verdrink”, met ‘n bootjie te red, onsuksesvol gaan wees. Hulle het flink gedink en eers hulle duikpakke vinnig aangetrek voordat hulle ingeswem het. Jandré Beukes is eerste gered en in ‘n half-bewustelose toestand strand toe gebring en was baie deurmekaar en in ‘n geskokte toestand.

Die twee jong manne is dadelik terug vir die dame, maar is gelukkig deur Anré Broodryk (16), een van die lewensredders wat intussen daar aangekom het, asook ‘n onbekende man, bygestaan. Die dame is deur die vier van hulle strand toe gebring. Sy was eweneens in ‘n erge toestand van skok gewees. Jandré, wat so byna-byna verdrink het, kon nie vir ‘n onderhoud opgespoor word nie. Sy ouers het kort ná die voorval hulle vakansie kortgeknip en is terug na Hermanus. “Indien hierdie reddingsaksie met enkele minute vertraag sou gewees het, sou altwee hierdie persone sonder twyfel verdrink het,” het Martin Coetzee gesê.                 
                                                                                                                                  
Hardus Botha

Twee drenkelinge gered

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant