Kabeljou kaalhand gevang

Kabeljou kaalhand gevang

Gansbaai Courant

Kris Jooste van Franskraal met die 14.8kg kabeljou wat hy en sy vriend, Pierre Nieuwoudt van Bredasdorp, met die hand gevang het

Vele “visvangstories” is oor jare heen al vertel, maar om ‘n 14.8kg kabeljou met die hand in knie-diep seewater te vang, is nogal ‘n storie.

Die verskil is net dat die bewyse in hierdie geval daar is, asook ‘n moontlike verklaring. Kris Jooste van Franskraal en sy vriend, Pierre Nieuwoudt van Bredasdorp het op 23 Januarie 2014 naby die Gruis in die rigting van Holbaai rondgery om alikreukel uit te haal.  “Ons kon niks kry nie en Pierre het seekant toe gedraai om die wêreld te verken en iets soos ‘n stuk plastiek sien dryf en ons wou dit uithaal,” vertel Kris.

Die “plastiek” was toe ‘n yslike kabeljou wat pens boontoe gedryf het, maar die bewegende stert en kieue het getoon dat dit nog lewendig was.

Kris het gespook om die kabeljou aan sy stert uit te sleep, met Pierre wat later moes kom hand bysit.

Die twee is met die kabeljou na Kris se hengelvriend, Lambert Smit, waar dit ingeweeg is. Geen rede vir die kabeljou se toestand kon opgemerk word nie - nie ernstige beserings, óf ‘n hoek óf vislyn kon gesien word nie. Die rooigety wat tans in hierdie omgewing ‘n draai maak, is die mees aanvaarbare rede.

“Ons het besluit om die vis te benut en het heerlike kerrievis en viskoekies gemaak, aangesien dit nog lewend was en tot nou toe het ons nog geen pyne ervaar nie,” het Kris geskerts.

In ‘n “rooigety”-artikel in Gansbaai Courant van 23 Januarie 2014, het Alouise Lynch van Dyer Island Conservation Trust onder andere die volgende geskryf: “Dense concen-trations of red tide organisms can suffocate fish by clogging or irritating their gills, so that they cannot extract sufficient oxygen from the water.

Red tides may also kill indirectly by depleting the oxygen dissolved in the water. The mass mortality of the red tide organisms once the nutrients have been depleted results in an increase in the number of bacteria which are responsible for decomposition in the sea.

The activities of this huge population of bacteria soon deplete the oxygen concentration in the water, leading to the death of other marine animals.

However, most cases of poisoning are restricted to filter-feeding shellfish, and other seafood may be consumed safely.

For more information please visit www.botany.uwc.ac.za.”

Siende dat Kris en Pierre se kabeljou nog gelewe het, is dit duidelik dat hierdie twee vriende die kerrievis en viskoekies maar met ‘n geruste hart mag eet. 

Hardus Botha

Kabeljou kaalhand gevang

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant