Magte wys Ystervuis

Magte wys Ystervuis

Gansbaai Courant

Perlemoenstropery kry vanaf 4 Januarie die wind van voor danksy die ontplooiing van ‘n gesamentlike taakspan. Volgens ‘n betroubare bron is die operasie op die hoogste regeringsvlak goedgekeur en is die Lugmag, Weermag, Vloot, SAPD en Mariene en Kusbestuur betrokke. Die Lugmag monitor voortdurend die gebied, terwyl die SAPD se watervleuel en vloot die see patrolleer. Die Weermag en Marine en Kusbestuur is saam op land ontplooi en hul basiskamp is op ‘n onvermelde sentrale punt. ‘n Groot polisie patrollieboot en twee  vinnige, slanke, donkerkleurige aanvalsbote is ook voltyds ontplooi en lê tussen patrollies vasgemeer in die nuwe hawe. Hierdie sterk teen-woordigheid en zero-toleransie het reeds vrugte afgewerp en stropery aktiwiteite het na bewering baie af-geneem. Volgens die bron is daar geen einddatum vir hierie operasie bepaal nie. Dit is verblydend om so ‘n sterk optrede, betrokkenheid en  om die voortslepende stropery hok te slaan.
Francois de Jongh

Magte wys Ystervuis

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant