Winter Fynbosskou en Musiekfees

Winter Fynbosskou en Musiekfees

Gansbaai Courant

Die gedugte Fynbosspan vir vanjaar se Winter Fynbosskou en Musiekfees.

Vanjaar se Winter Fynbosskou en Musiekfees begin Vrydag, 9 Augustus 2013, en strek oor die naweek. Dit beloof om vanjaar in vele opsigte uniek te wees en Gansbaai Academia se saal is opgetower met fynbos en om binne te stap, is om ‘n sprokieswêreld te betree. 
Selfs die jaarlikse tradisie van bergtonele, watervalle, brand- en seetonele en spesies, wat altyd bewondering afdwing, het ‘n omwenteling ondergaan wat die moeite werd sal wees om te aanskou.

Bykomende opwinding vanjaar is ‘n deurlopende Teetuin ten bate van Gansbaai Academia in die middel van die saal, dus smaaklike etes tussen die fynbos. Terselfdertyd gaan plaaslike kunstenaars op die verhoog, veral instrumentale klanke, sorg vir gepaste agtergrondmusiek terwyl die uitstalling bewonder word, of iets te ete genuttig word. Stalletjies met velerlei items en eetgoed, sal ook beskikbaar wees, asook kindervermaak soos ‘n klimmuur (“climbing wall”), ponieritte en veel meer.

Vrydag, 9 Augustus om 14:00 sal ‘n Mnr en Mej Fynbossie (4-8 jaar) in die saal gekies word en laat inskrywings teen R10 sal tot kort voor die tyd nog by die Toerismestalletjie aanvaar word. Saterdagaand, 10 Augustus om 19:00 word ‘n geurige 3-gang maaltyd aangebied, waarvoor kaartjies teen R120 vooraf aangekoop moet word. Kunstenaars soos Hendrik Brits (panfluit) en 2@T vir kitaarmusiek en sang sal vir goeie vermaak tydens die ete sorg.

Dan volg die afsluiting op Sondag, 11 Augustus met ‘n Lofprysingsdiens (“Praise & Worship”) om 11:00, ook tussen die fynbos, met verskeie kore wat sal optree. Stalletjies sal steeds beskikbaar wees. Toegangsgelde vir Vrydag en Saterdag beloop R20 (volwassenes) en R5 (kinders o/12), met Sondag wat gratis sal wees. Moenie hierdie feestelike Fynbosskou en Musiekfees met vele bykomstighede misloop nie. Besoek gerus Gansbaai Toerisme se stalletjie vir navrae tydens die fees.  
    
Hardus Botha 

Winter Fynbosskou en Musiekfees

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant