Sakekamer verskuif grense

Sakekamer verskuif grense

Gansbaai Courant

'n Samewerkingsooreenkoms is tydens die vergadering tussen die Sakekamer en die Munisipaliteit onderteken. Voor vlnr: Dr Christo van der Rheede, Fanie Bothma, Santie Reynecke-Naudé: Direkteur Finansies, Overstrand Munisipaliteit en Rdh Pieter Scholtz. Agter: Piet Badenhorst en Kat Myburgh.

Op die Gansbaai Sakekamerledevergadering van 27 Augustus 2013 het die voorsitter, Fanie Bothma, belangrike aankondigings gedoen wat die sakegemeenskap en ook die wyer Gansbaai omgewing beduidend kan beïnvloed.

In ‘n geskiedkundige stap was Gansbaai Sakekamer een van die eerste Sakekamers in die land wat ‘n samewerkingsooreenkoms met sy plaaslike bestuur, die Overstrand Munisipaliteit gesluit het. Hierdie inisiatief het gekom vanaf die hoogste regeringsvlak toe die Minister van Samewerkende Regering met die AHI ‘n soortgelyke ooreenkoms aangegaan het wat daarop gerig is om die sake gemeenskap betrokke te kry by plaaslike regering om te help met die bevordering van infrastruktuur en dienste aan die gemeenskap. As ‘n geaffilieerde lid van die AHI het die Gansbaai Sakekamer hierdie ooreenkoms op die vergadering geteken met verteenwoordigers van die Overstrand Munispaliteit. Dr Christo van der Rheede, Uitvoerende Hoof van die AHI, wie ook die geleentheid bygewoon het, het die stap geloof en sy waardering uitgespreek vir dit wat reeds in Gansbaai bereik is in die verband.

Mnr Piet Badenhorst, AHI Voorsitter in die Wes-Kaap, wat ook spesiaal die geleentheid bygewoon het, het gesê: "Ek is trots op die voorbeeld wat Gansbaai Sakekamer stel en vertrou dat dit nog verder sal bydrae tot die ontwikkeling en uitbouing van die streek. Met hierdie stap, word die bereidwilligheid van die sakegemeenskap om nou saam te werk met plaaslike regering, duidelik geïllustreer."

Die Voorsitter het ook aangekondig dat die navorsingsprojek vir Gansbaai waarvoor die Sakekamer en plaaslike amptenare van die Overstrand Munisipaliteit al so lank werk om te realiseer, uiteindelik goedgekeur is. "Hierdie navorsing het ten doel om geleenthede in die Gansbaai-omgewing te identifiseer wat sal lei tot die bevordering van die ekonomie van die streek waarby sakemanne, toerisme en alle plaaslike inwoners sal baat. Die Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, Finansies en Toerisme, Mnr Allan Winde, het reeds ‘n vergadering met die Sakekamer goedgekeur waar tydens sakelui die geleentheid sal hê om regstreekse voorleggings aan die Minister te maak. Vir verdere inligting in die verband kan u met my in verbinding tree, het Bothma gesê."  Tydens sy optrede het die gasspreker, Dr Christo van der Rheede, Uitvoerende Hoof van die AHI, ‘n perspektief gegee van die Suid Afrikaanse ekonomie. Christo, wie groot-geword het in Elim, gestudeer het op Stellenbosch, as onderwyser en skoolhoof en ook met sy betrokkenheid by liggame soos die Stigting vir Afrikaans en as Direkteur van die ABSA KKNK sy passie vir die bemagtiging van ons mense en hul kultuur en welsyn op ‘n besondere wyse uitleef, het die jongmense aangemoedig om in hulself te investeer deur hulle te bekwaam met opleiding en harde werk. Hy het ook tydens die vergadering sertifikate oorhandig aan die kusrsusgangers wat die entrepreneurskursus deurloop het en wat deur die Sakekamer, in samewerking met die AHI aangebied is. DR van der Rheede het dit betreur dat die huidige regering hom nie besig hou met die bevordering van die ekonomie nie, maar eerder bydrae om dit te verswak, onder andere deur die toestaan van welsyntoelaes wat die land nie kan bekostig nie. Te midde van ‘n werkloosheidsyfer van 25,5% en welsyntoelaes aan ongeveer 16 miljoen mense, groter wordende staatsdepartemente, en ander verdoemende voorbeelde van ekonomiese rampe wat dreig, laat dit ons geen keuse as om self in te gryp en ons eie heil te verseker nie. "Ek doen ‘n beroep op die kursusgangers om dit wat hulle geleer het in die praktyk toe te pas en self werk te skep en dat sakelui die geleenthede in die omgewing ondersoek en aan beleggers en toeriste ‘n egte 'Gansbaai ervaring' gee om te verseker dat dit die ekonomie stimuleer. Besoekers kom hierna toe om te beleef wat eie is aan Gansbaai en ons moet dit aan hulle bied," het Rheede gesê.

Hy het verder gesê dat die verskansing van nie-rassigheid in ons grondwet nie deur die regering toegepas word nie. Daar word gefokus op die herverdeling van bates  in plaas van om te konsentreer op ekonomiese groei. Ons belastinggeld word wan-aangewend en ons moet dit beveg. Ons moet groei deur ekonomiese samewerking tussen gemeenskappe en instellings en dit kan ons bereik deur netwerke, bemagtiging, eienaarskap en mededingingheid. Ek doen gevolglik 'n  beroep op sakelui om hulle gewig in  te gooi agter forums soos die Sakekamer om daar ‘n intellektuele ekonomiese tuiste te skep vir die inisiëring van die nodige ekonomiese aktiwiteite."

Hy het afgesluit met die volgende aanhaling van Thomas Edison: “ Opportunity is missed by many people because it comes dressed in overalls and looks like work.”

Harry de Jager


 

Die vergadering is uitstekend bygewoon en die Toerismekantoor se konferensiesaal was stampvol.
 

Sakekamer verskuif grense

Harry de Jager

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant