Loslitdag vir Gestremdes

Loslitdag vir Gestremdes

Gansbaai Courant

Kat Myburgh lei die Loslitdagoptog op sy motorfiets. 'n Fondsinsameling is gehou vir die Gestremdes van Elim.

Die jaarlikse instelling van Loslitdag waar daar reeds vir etlike jare deur ABSA fondse ingesamel word vir gestremde persone in Suid-Afrika, het vanjaar ware betekenis gekry in Gansbaai.

Die Munisipaliteit Overstrand se personeel in die Gansbaai Administrasie het vanjaar gevoel dat daar opnuut gefokus moet word op die doelstelling wat gestel is vir hierdie gebeurtenis.  Die inisieerders was van mening dat die nood in hul onmiddellike omgewing gereeld in die dorp sigbaar is en het derhalwe besluit om benewens die finansiële bydrae van R10 wat nodig is om aan die ABSA projek deel te neem, 'n verdere bydrae in die vorm van nie-bederfbare produkte ten behoewe van die Tehuis vir Gestremdes en die Mispah Skool in Elim in te samel.

Rdh Pieter Scholtz (3de links) oorhandig die ingesamelde items aan vlnr Audrey Ludolph en Joanne Swart van Elim Tehuis.

'n Beroep is op ander belangegroepe, skole, kleuterskole, besighede en instansies gedoen om ook saam met die munisipaliteit deel te neem aan 'n optog deur die hoofstraat van Gansbaai en die bou van legkaarte aan die voorkant van die munisipale gebou in Gansbaai.  Die twee legkaarte, in die vorm van 'n groot uitgekalkte haai en 'n walvis, is deur skenkers volgepak met nie-bederfbare produkte soos kruideniersware, lekkergoed en koeldranke, klerasie, toiletware, skoonmaakmiddels en vele meer.  Deelnemers aan die geleentheid sluit in: Munisipale personeel onder leiding van die Agbare Onderburgemeester, Raadsheer Pieter Scholtz en sy eggenote Ans, die plaaslike Polisie, OK Foods, Gansbaai Toerisme, die motorfietsklub, die Melodrama kunstenaars, die Omgee Bediening Groep, Gansbaai Laerskool, die Kleine Gansies, Cool Kids, Franskraal Rolbalklub, Villet en Pitzer Rekenmeesters, Ichtus Visserye, Gansbaai Marine, Grootbos Foundation.  Verskeie gastehuise, ander sakemanne en sakeondernemings en tientalle individue het ook hul harte en hande oopgemaak vir hierdie uiters verdienstelike instellings wat daagliks ongelooflike waardevolle diens op 'n onbaatsugtige wyse verrig.  Die twee instansies is verantwoordelik vir die welstand van 50 en 110 gestremde persone onderskeidelik.

Die tema vir die dag in Gansbaai was "Big Two Town Goes Big for Disabled People".  Die waarde van die bydraes word geraam op meer as R20 000.00.  Die besondere gesindheid en ondersteuning wat deur deelnemers openbaar is tydens die byeenkoms getuig voorwaar van opregte begrip en meelewing in die besondere behoeftes van die Tehuis vir Gestremdes en die Mispah Skool in Elim.  Die waardering wat hierdie instansies het vir hierdie inisiatief was oorweldigend en die vertroue word uitgespreek dat ander dorpe in hul bedieningsgebied hierdie voorbeeld sal volg en die volgende loslitdag in 2014 sal gebruik om die saak van hierdie instansies, wat daagliks in die Overberg gebied werk is, verder te ondersteun en hierdie inisiatief tot verdere hoogtes te neem.


 

Loslitdag vir Gestremdes

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant