Hengel in Stilbaai

Hengel in Stilbaai

Gansbaai Courant


Die algehele wenner, Willie Welman (middel) ontvang die Wisseltrofee van Eldo Marais (links) met Frans Claassen by hulle

Die Kushengelkompetisie gedurende September tussen die Overberg Kushengelklub van Gansbaai en Stilfontein Kushengelklub, gepaardgaande met ‘n gesellige gesinsnaweek vir die Gansbaaiers, het baie suksesvol afgeloop. Maynard van Niekerk (Snr) van Gansbaai sê heelparty galjoene, kolsterte en steenbras is gevang, maar die algehele wenner van die kompetisie was Willie Welman van Stilbaai.

Aangesien hierdie naweek in Stilbaai ‘n jaarlikse instelling gaan word, het Eldo Marais van Gansbaai ‘n Wisseltrofee geskenk wat hy aan Willie oorhandig het. Stilbaai spog ook met twee Springbokhengelaars, Xander de Beer en Elzaan Cronje. Die Gansbaaiers het die kompetisie ook as hulle interne kompetisie beskou en hulle drie wenners (in punte) was Maynard van Niekerk Jnr (3,3206), Rian Conradie (1,4182) en Louis Otto (1,3811).

“’n Smaaklike potjiekos is die Vrydagaand geniet en almal het gesellig saamgekuier voor die groot kompetisie die Saterdag,” vertel Maynard. Na afloop van die kompetisie is daar die Saterdagaand heerlik saamgebraai en die Sondagoggend is ‘n gesellige laat-ontbyt geniet, met die hengel-wedywerings agter die rug. Overberg Kushengelkub se volgende Klubkompetisie is vir eerskomende Saterdag, 12 Oktober geskeduleer.

Dit is ‘n oop-area kompetisie, met lyne-in om 04:00 en die skale wat om 19:00 by die klubhuis sal sluit. Vir navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha


Links ontvang Overberg Kushengelklub se wenner, Maynard van Niekerk (Jnr), sy prys van Xander de Beer

Hengel in Stilbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant