Laerskool Gansbaai span Kroon

Laerskool Gansbaai span Kroon

Gansbaai Courant

Die kroon is gespan op 'n skitterende seisoen toe die 0/9-rugbyspan van die Laerskool Gansbaai onlangs 'n Curriebekerwedstryd op Nuweland bygewoon het. Die seuns se afrigter en onderwyser, Attie Barnard, het die uitstappie na die beroemde rugbyveld gereël as beloning vir hul besondere prestasie vanjaar. Hulle het al 12 hul wedstryde gewen en in die proses 67 drieë gedruk en net 4 afgestaan. As een van die kleiner skole in die Suid-Bolandse liga kan Gansbaai Laer tereg trots wees op hierdie vertoning. Die 17 seuns het gaan kyk hoe die WP teen die Goue Leeus speel. Heel gepas het die WP sy bonuspuntdrie reg voor hul sitplekke gaan druk!



Die spannetjie is vergesel van twee onderwysers, mnre Barnard en Jonathan Doyle, asook 40 ondersteuners, hoofsaaklik pa's, ma's, oupas en oumas. Die kaartjies van die seuns is deur die WP-Rugby-unie geborg en om seker te maak dat almal op Nuweland (en dalk ook TV-kykers!) van die Gansbaaiers kennis neem, is 'n pragtige banier vertoon wat deur twee ma's, Elzanne Bosch en Marchelle Mostert, geverf is. Oude Molen Distilleries het tot die groot bederf bygedra deur die span te borg met promosiemateriaal soos vlaggies, miniatuur-rugbyballe en plakkate. Vir die groepie seuns was dit 'n onvergeetlike geleentheid en hulle wil hul ouers, grootouers en ondersteuners hartlik daarvoor bedank.

Gerrit Cloete

Laerskool Gansbaai span Kroon

Gerrit Cloete

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant