Geelbek Kabeljou Snoekies

Geelbek Kabeljou Snoekies

Gansbaai Courant

Lulof Doyer het hierdie mooi geelbek van 7 kg laas Woensdag naby die Punt gevang.

Soos laas week berig, word daar wel geelbekvangste (en ‘n kabeljoutjie of wat tussenin) gemaak, maar veel is daar ook nie. Net om te wys dat daar darem nie ‘n grootliegstorie versprei word nie, word die foto geplaas van ‘n mooi vis wat verlede Woensdag in die laaitjie beland het. Dis nou buiten die romanne en ander mooi gediertes wat ook hulle alie gesien het. Selfs ‘n paar snoekies het gesig gewys. Ook verlede naweek met ‘n hengelaar gepraat wat gespog het met die baie steenbras en sommer ook galjoen wat hy al gevang het  --  en ook die stelling maak dat hy genoeg vis van die kant af vang en nie die nodigheid insien om met ‘n boot te moet see toe gaan nie. Gee so ‘n bek jam! Hy het beloof om met sy toekomstige mooi vangste ‘n foto te verskaf. Sal maar moet sien.

‘n Waarneming wat op die boot nogal van waarde kan wees: ‘n Ligter lyn sal altyd vir my ‘n voorkeur bly, maar dat daar beperkinge is is net so waar. In vlakker water en met ‘n minimale stroom is daar geen beter opsie (veral by die vang van kleiner vis) as ligte gereedskap nie. In dieper water verander die prentjie. Die baie lyn wat jy gebruik vermeerder die kans dat jy ‘n kraaines gaan optel en deur gebruik te maak van ‘n bootstokkie skakel jy hierdie probleem grotendeels uit. Wat dit nag vir jou kan maak is wanneer jou lyn (a.g.v. ‘n stroom, of dalk het jy ‘n woelige vis daaraan) met jou buurman se lyn gaan kennis maak  Dalk ook met die ander manne se lyne. So maak jy beslis nie vriende nie en die voordele verbonde aan die ligte gereedskap is nie werd om ‘n vyand te maak nie! Die antwoord is om van ‘n swaarder lyn gebruik te maak en jou stroplyne nog steeds lig te hou. So behou jy die beste van albei wêrelde.    

Groete, Seemeeu


Wat is mooier, die vis of die nooi? Ongelukkig het ek nie haar naam nie, maar die mooi galjoen wat voor haar gehou word is deur Len Lawson gevang.

Geelbek Kabeljou Snoekies

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant