Geelstert

Geelstert

Gansbaai Courant

Die weer het nie toegelaat dat gereeld see toe gegaan word nie en hengel was oor die algemeen nie iets om oor huis toe te skryf nie. Daar is wel deur ‘n paar skippers reg geoordeel en gevolglik is enkele kabeljou, geelbek en ook geelstert gevang. Wat laasgenoemde betref, gaan dit oor meer as net see toe gaan en dan ‘n bakvol van hierdie visse te vang! Geelstertvang word net suksesvol vermag indien jy hierdie storie ken  --  of baie gelukkig is om dit so te tref dat jy midde-in ‘n geelstertbyt-waansin beland. In dié geval moet jy ‘n goeie storie daarvan maak want dis ‘n groot uitsondering. Die paar bakke geelstert wat raakgeloop is is bewys genoeg dat bitter min hengelaars hierdie kuns onder die knie het.

Daar is vroeë tekens dat die kabeljou land se kant toe staan. Gee nog bietjie tyd.

Om by die huis te sit en nie ‘n kans op hierdie deurmekaar see te wil waag nie is nie ‘n gewilde besluit nie, maar gesien die tragiese gebeure die laaste tyd toe heelwat bote in die moeilikheid beland het, is dit dalk ‘n wyse een. Weerstoestande behoort nou te verander.

Vir die persoon wat nie gereeld see toe gaan nie en dalk nie so vertroud is met toestande op see nie en dan besluit, “ag, wat, kom ons gaan maar, ons is nou hier”, dink weer! Moet nie om die bos gelei word deur omstandighede na aan jou wat dit laat lyk asof die see tog maar nie so omgekrap is nie. Neem waar…. kyk na die horison en indien jy “knoppe” daar waarneem, bly tuis. Let ook op of daar ‘n sterk stroom in die water is  --  en dié kan gewoonlik waargeneem word deur die sterk terugtrek en opstoot van die water by die hawe self. Dis gewoonlik ‘n aanduiding van kwaaier water dieper in.

Die inkom by Kleinbaaihawe kan nogal ‘n probleem wees indien die water baie rof is en veral vir vreemdelinge wat nie op hoogte is van plaaslike omstandighede nie, selfs gevaarlik indien daar nie met omsigtigheid te werk gegaan word nie. Baie van hierdie probleme kan egter vermy word deur op te let en op onvoorsiene omstandighede bedag te wees. Ervare skippers behoort nie probleme te ondervind nie. Die baie bamboes wat ‘n aanduiding is van hoe die hawe benader word is met ‘n rowwe see nie so waarneembaar nie en die namiddagson in jou oë soms hinderlik. Versigtig ook beide met die uitgaanslag en ook met die terugkeer wat tydsberekening betref. Wees in ieder geval altyd oplettend.

Groete, Seemeeu

Geelstert

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant