Rolbalnuus

Rolbalnuus

Gansbaai Courant

Rolbal is 'n sport waaroor 'n persepsie bestaan dat dit 'n spel vir ou mense is. Dit is wel so dat baie ouer mense die sport beoefen, maar dit is hoegenaamd nie waar dat net ouer mense die sport speel nie.  Spelers van 12 jaar tot 25 jaar behoort aan klubs reg oor die land en speel kompeterend in onder 19 en onder 25 spanne op provinsiale vlak.  Daar teenoor is daar ook spelers van 70 en selfs 80 jaar wat aktief aan die sport deelneem.  Hulle sê dit hou hulle fiks en gesond!

Ten einde die wanpersepsies oor rolbal die nek in te slaan word elke jaar 'n asionale Bewusmakingsdag deur Rolbal Suid-Afrika gereël waaraan klubs in Suid-Afrika deelneem.  Dit neem allerhande vorms aan en is bedoel om 'n pret dag te wees waartydens rolbalspelers en lede van die publiek kan deelneem.  Terselfdertyd word geld vir liefdadigheid ingesamel en in  Franskraal se geval is dit aan die Vereniging van Gestremde Rolbalspelers geskenk.  (Ja daar is sulke spelers asook blindes, wat op Nasionale vlak kompeteer).

So 'n bewusmakingsdag was op 2 November 2013 te Franskraal Rolbalklub gehou waaraan klublede en besoekers deelgeneem het.  Besoekers is in spanne saam met ervare spelers geplaas en het dit terdeë geniet om saam te speel.  Hulle het ook uitgevind dat dit nie so maklik is om te speel soos dit wil voorkom nie.  Verder besef hulle ook dat die sosiale samesyn na die wedstryd van groot belang is om nuwe vriendskappe te vorm.

Rolbal word op Dinsdae, Woensdae en Saterdae vanaf 14h00 te Franskraal gespeel.  Daar word ook spesiale geleenthede gereël waartydens ander klubs hier kom speel.  Daar word ook sosiale geleenthede gereël en gesellig saam verkeer.  Rolbal is vir almal en rolbal is lekker!

Kom speel saam.  Bel vir Marius de Wit by 082-926 0892 vir meer besonderhede.

Pieter Conradie

Rolbalnuus

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant