Oubaas se Wit Steenbras

Oubaas se Wit Steenbras

Gansbaai Courant

Links is Leibrandt van Niekerk saam met Oubaas Lesch met sy 5.9kg wit steenbras

Oubaas Lesch van die Overberg Kushengelklub het onlangs, ondanks min vangstes, die grootste vis en daarmee die swaarste sak ingepalm. Hy het ‘n wit steenbras van 5.9kg tydens die klub se kompetisie op 12 November kant toe gebring.

Tweede was Morné Olivier met ‘n kabeljou van 1.83kg. “Ons het by Kusweg Kafee ingeweeg en sê sommer dankie vir hulle fasiliteite wat ons kon gebruik,” sê Maynard van Niekerk (Snr).

Hy bedank ook graag die volgende borge wat tot die sukses van die kompetisie bygedra het: Boathouse restaurant, Die Knapsak en Hair Tizelle.

Overberg Kushengelklub se volgende kompetisie sal op Donderdag, 26 Desember 2013 plaasvind, en staan bekand as hulle jaarlikse Boxing Day Opedag Hengelkompetisie. Spanne van 4 per span is welkom om in te skryf en die inskrywingsfooie beloop R200 per span. Groot pryse sal op die spel wees.

Vir enige navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha 

Oubaas se Wit Steenbras

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant