Lekker vakansie

 Lekker vakansie

Gansbaai Courant

Aan die vakansiegangers, welkom en geniet julle tydjie hier. Wat die visvang betref  --  eintlik is daar nie te veel om oor te kla nie. Nou nie dat die vis oortollig is nie maar daar word heelwat kabeljou gevang (en ‘n paar magoeftas is al ingebring) en mooi steenbras word oor gespog. Meeste van die hengelaars weet dat Franskraal en die Gruis die in-plekke is. Nogtans moet jy weet hoe die getye in mekaar steek en die winde moet reg wees. Daarby is die benodigde aas ook baie belangrik. Gewoonlik is die hengelaar ingestel op òf met die stok te vang òf met ‘n boot uit te gaan. Beide sporte het sy eie voor- en nadele en indien jy nie seker is watter een om te beproef nie (dalk nog albei!), gaan steek maar kers op by iemand wat weet. Intussen --  die lekkergeit van ‘n boot. Indien die water nie so kwaai is nie en die vis besluit om gesig te wys is daar min sporte wat sal kan kers vashou hierby. Die verskeidenheid vis is groot, maar op die oomblik is die hotties nog vet, met ‘n ordentlike roman so tussenin. Dan is daar ook silwervis, en onthou daar is baie van hulle maar die wettige grootte is 35cm. So wees maar versigtig. Net vir die wis en die onwis is daar ook nog baie ander kleinvis wat groot genot verskaf. As ons by die groter menere kom praat ons van kabeljou, geelstert en geelbek. Die aas? Sardyn, tjokka, rooiaas en witmossel. Indien daar geelstert opduik kom ander ase ook in die prentjie.

Die manne met die lang stokke hoef natuurlik nie so puntenerig oor die weer te wees nie (wat veiligheid betref), maar moet steeds, om suksesvol te wees, die weer en water bestudeer. Wat op die oomblik taboe is is galjoen (ai tog!) en die baie elf wat nou gevind word gaan ook probleme veroorsaak. Daar is so ‘n wye verskeidenheid plekke waar gehengel kan word dat dit onnodig word om op ‘n ander man te gaan staan. Dis nou een plek  --  die viswater  --  waar oordeelkundigheid baie beteken. By bogenoemde ase kom nog baie ander wat dalk net sukses met die stok kan beteken. Om maar net ‘n paar te noem  --  krewels, wurms (en daar is baie soorte van hulle). Dan is die voorbereiding van die lyne en die aansit van die ase ook ‘n groot faktor. Moet nie in die versoeking gestel word om ondermaatvis te hou nie, daar ís manne met skerp oë wat dophou. Te veel en te klein vis, oppas!

Daar is nuwe reëls wat kreef betref, maak asb. seker daarvan.

Geniet die tydjie by die see. Dis net te lekker om jou vissie te braai wat jy self gevang het!!

Groete, Seemeeu

 Lekker vakansie

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant