Gansbaai Tennisnuus

Gansbaai Tennisnuus

Gansbaai Courant

Op Saterdag 7 Desember het ons, Gansbaai Tennisklub, ons jaarlikse, gewilde tennisdag gehou. Die sterk wind het dit 'n buitengewone en interessante dag gemaak. Die tennis was nie van skouspelagtige gehalte nie, maar groot pret. Ten spyt van die weersomstandighede het 32 spelers opgedaag, gespeel en die dag geniet. So 'n dag gaan nie net oor die tennis nie, maar ook die samesyn, kuier en sportmansgees van al die spelers. Gansbaai Tennisklub het groot waardering vir elke speler se deelname. Baie deelnemers het al reeds hul deelname vir volgende jaar bevestig. Daar was net 2 groepe vanjaar. In die A-groep was daar 6 pare wat teen mekaar deelgeneem het. Die wenners was Graham Stieger (Gansbaai) en Carien Gooding (Hermanus) en die naaswenners was Leon Massyn (Swellendam)  en Emeke Stieger (Gansbaai).

In die B-groep was daar 10 pare wat in twee groepe eers teen mekaar uitgespeel het. In die finaal het Danie Swart (Struisbaai) en Celia van Blerk (Kleinmond) die dag ge-eindig as die wenners.

Die naaswenners was Abrie de Wit (Bonnie-vale) en Koba Dippenaar (Bonnievale). Die klub wil graag die volgende besighede en mense bedank vir hul bydrae tot ons tennisdag: Gansbaai Marine, Great White Shark Tours, White Shark Diving co., Fine & Country, OK Foods, Spar, Belmont Cash & Carry, Hermanus Liquor store, The Fish Lady, Pearly Beach Winkel, Kleinkaap Kwekery, Fabriekswinkel, Koos Geldenhuys (Old Mutual Worcester), Petrus Eiendomme, Salon Janine, Lisel en Deon Joubert, Ansie en Gerhard Germishuys, Jas en Alta van Niekerk, Eben Lourens en Desiree Blackburn-Hall.

Ons het groot waardering vir alle hulp, donasies en ondersteuning wat ons ontvang. Elke speler het met 'n prys huis toe gegaan. Ons nooi alle besoekers en plaaslike spelers om saam met ons te kom speel. Ons speel op Woensdagoggende om 9h30 by die munisipale bane en op Saterdagoggende om 9h30 by die skool se bane. Daar is heelwat tweedehandse balle (veral na die tennisdag) te koop teen R5 vir krieket speel op die strand of ou balle vir die honde om mee te speel teen R3.

Kontak my gerus.  
Tennisgroete

Daniel 072 1173473

Gansbaai Tennisnuus

Daniel

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant